In­fla­sie daal: Koers bly dalk on­ver­an­derd

Beeld - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Die druk op die Re­ser­we­bank om die rentekoers te ver­laag, sal nou weer be­gin toe­neem.

Die kans is eg­ter skraal dat Le­setja K­ga­ny­a­go, p­re­si­dent van die Re­ser­we­bank, en die an­der vyf le­de van die mo­ne­tê­re be­leids­ko­mi­tee reeds mô­re voor die druk sal swig.

Dit volg na­dat die in­fla­sie­koers in A­pril die eer­ste keer se­dert Au­gus­tus tot bin­ne die Re­ser­we­bank se tei­ken­band van 3% tot 6% te­rug­ge­sak het na 5,3%.

Ke­vin Lings, hoof­e­ko­noom van S­tan­lib, sê op T­wit­ter in­fla­sie sal nou “ge­rui­me tyd” bin­ne die tei­ken­band bly. Hy sê dit sal die ge­sprek oor la­er ren­te­koer­se “laat ver­he­wig”.

Die mo­ne­tê­re be­leids­ko­mi­tee se ver­ga­de­ring oor die rentekoers be­sluit het gis­ter be­gin en duur van­dag voort. Die be­sluit word van­mid­dag net ná 15:00 in P­re­to­ria aan­ge­kon­dig.

Die op­roep vir la­er ren­te­koer­se het ein­de ver­le­de jaar be­gin, maar pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net skom­me­ling het dit ef­fens ge­demp.

In­tus­sen het die rand eg­ter gis­ter tot on­der R13 per dol­lar ver­sterk op grond van ge­rug­te dat pres. Ja­cob Zu­ma die na­week her­roep gaan word.

Die Re­ser­we­bank be­skou die rand as die en­ke­le groot­ste ri­si­ko vir in­fla­sie.

Ma­mel­lo Ma­ti­kin­ca, se­ni­or e­ko­noom van FNB, be­aam dat in­fla­sie waar­skyn­lik die res van die jaar bin­ne die tei­ken­band sal bly. Die bank ver­wag selfs dat in­fla­sie in die eer­ste kwar­taal van 2018 tot on­der 5% kan val.

Die Re­ser­we­bank het in Maart heel­te­mal kor­rek voor­spel dat in­fla­sie in die twee­de kwar­taal tot bin­ne die tei­ken sal te­rug­val.

Die ri­si­ko’s vir die rand bly eg­ter hoog, sê Ma­ti­kin­ca. Ren­te­koer­se is wê­reld­wyd aan die styg, wat geld land­uit kan laat vloei, ter­wyl die ANC-be­leids­kon­fe­ren­sie in Ju­nie ’n ma­te van on­se­ker­heid skep.

Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce se be­sluit oor Suid-A­fri­ka se kre­diet­gra­de­ring word op die laat­ste be­gin Ju­lie ver­wag en daar is vol­gens Ma­ti­kin­ca selfs ’n ri­si­ko dat S­tan­dard & Poor’s Glo­bal Ra­tings (S&P) die land weer in Ju­nie kan af­gra­deer.

Sy glo die Re­ser­we­bank sal dalk her­haal dat hy die boon­ste draai­punt in die styg­si­klus be­reik het, maar weens die ri­si­ko’s vir die rand – en dus die in­fla­sie­voor­uit­sig – sal die koers waar­skyn­lik on­ver­an­derd ge­hou word.

Dit is in pas met die Ned- bank-ren­te­koers­ba­ro­me­ter, wat ’n 80%-kans aan­dui dat die rentekoers on­ver­an­derd gaan bly en ’n 20%-kans dat die rentekoers ver­laag kan word.

Die Ned­bank-e­ko­no­me Bu­si­si­we Ra­de­be en Den­nis Dy­kes re­ken dat die Re­ser­we­bank aan die ver­sig­ti­ge kant sal bly en eers be­gin 2018 die rentekoers sal ver­laag.

Hul­le waar­sku ook dat in­fla­sie dalk bin­ne­kort eers sal styg om­dat brand­stof in Mei duur­der ge­word het, en dan weer sal ver­lang­saam.

“Die groot­ste ri­si­ko vir die in­fla­sie­voor­uit­sig­te bly die wis­sel­val­li­ge rand, wat die om­vang van e­ni­ge prys­da­lings sal tem­per.”

Fo­to: REU­TERS

O­pul en nie­O­pul­lan­de ver­ga­der van­dees­week in We­ne, Oos­ten­ryk, om die stand van die be­dryf te be­spreek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.