Van­jaar se mie­lie­oes ‘is groot­ste in 36 jaar’

Beeld - - Sake - Vi­da Booy­sen

Met mie­lie­stro­pers wat tans in groot de­le van die land dreun, ver­wag ont­le­ders dat die oes selfs so groot as 15 mil­joen ton sal wees.

“As dit ge­beur, sal dit nie ’n ver­ras­sing wees nie aan­ge­sien die ver­slae van die dis­trik­te waar mie­lies nou ge­oes word daar­op dui dat boe­re op­brengs­te van heel­wat meer as die na­si­o­na­le ge­mid­del­de van 4,5 ton per ha stroop,” sê Wan­di­le Sihlo­bo, land­bou-e­ko­noom van Ag­biz.

Hy wys daar­op dat die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee in sy vo­ri­ge oes­skat­ting die ge­mid­del­de op­brengs op 5,5 ton per hek­taar ge­skat het.

Van­jaar se to­ta­le kom­mer­si­ë­le mie­lie­oes word op 14,5 mil- joen ton mie­lies ge­raam; 8,6 mil­joen ton wit­mie­lies en 5,9 mil­joen ton geel­mie­lies.

Die vol­gen­de oes­skat­ting kom mô­re uit en ’n pa­neel ont­le­ders van Bloom­berg se me­di­aan­voor­spel­ling is dat die jong­ste skat- ting 14,65 mil­joen ton sal wees.

Die land se groot­ste mie­lie­oes tot dus­ver was 1981 se 14,66 mil­joen ton.

Sihlo­bo sê die ver­wag­te warm weer in die vol­gen­de week of twee sal help dat die mie­lies gou­er uit­droog. “Dit sal ver­al dié ge­bie­de help wat laat aan­ge­plant het.”

Ver­le­de week op Graan SA se Nam­po-oes­fees het Jan­nie de Vil­liers, uit­voe­ren­de hoof van Graan SA, ge­sê van­jaar se groot oes be­te­ken dat Suid-A­fri­ka tot 56% meer mie­lies kan uit­voer as wat die land ty­dens die droog­te moes in­voer. Vol­gens Graan SA se be­re­ke­nings kan die land dié sei­soen tot so­veel as 3,6 mil­joen ton uit­voer, teen­oor die 2,3 mil­joen ton wat in die vo­ri­ge sei­soen in­ge­voer is.

Die mie­lie­prys is van­jaar ge­mid­deld R2 000 per ton teen­oor ver­le­de sei­soen se ge­mid­del­de prys van R5 000 per ton. Ver­wag­te sur­plus­se, die ster­ker rand en ver­koop­druk kan pry­se af­druk.

Fo­to: VI­DA BOOY­SEN

Geel­mie­lies wag om ge­oes te word in die dis­trik Bot­ha­vil­le in die Vry­staat. Suid­A­fri­ka sal van­jaar na ver­wag­ting so­wat 5,94 mil­joen ton geel­mie­lies oes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.