Ar­cel­orMit­tal leen R4,5 mil­jard

Beeld - - Sake - El­vi­ra Wood

’n Groep ban­ke het fi­nan­sie­ring van R4,5 mil­jard aan Ar­cel­orMit­tal Suid-A­fri­ka (Am­sa) en sy fi­li­aal Sal­dan­ha S­taal goed­ge­keur.

Am­sa, wat ’n we­sens­ver­lies van $2,589 mil­jard vir die jaar tot ein­de De­sem­ber ge­ly het, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê Deut­sche Bank, Ab­sa en an­der fi­nan­sier­ders het die ge­struk­tu­reer­de wen­tel­kre­diet­fa­si­li­teit vir ’n tyd­perk van 36 maan­de goed­ge­keur.

Die fi­nan­sie­ring sal as be­dryfs­ka­pi­taal en vir “al­ge­me­ne doel­ein­des” aan­ge­wend word, sê Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof van Am­sa, in ’n ver­kla­ring.

Am­sa het vroe­ër van­dees­maand ge­waar­sku hy gaan drin- gend oor die pro­duk­sie­vlak­ke by ver­al sy aan­leg­te in Ne­w­cas­t­le en Sal­dan­ha moet be­sin. Sou hy be­sluit om wel sy be­dry­wig­he­de af te skaal, kan pos­te af­ge­skaf word.

Dit is ver­al die hoë kos­te van e­lek­tri­si­teit wat pro­ble­me by Sal­dan­ha S­taal ver­oor­saak.

“In die win­ter is ons e­lek­tri­si- teits­re­ke­ning aan Eskom on­ge­veer 34% van ons uit­ga­wes by Sal­dan­ha S­taal. Ons kan nie die hoë ta­rie­we be­kos­tig nie, ver­al aan­ge­sien Eskom tans ’n oor­maat aan ka­pa­si­teit het,” sê hy.

De K­lerk sê Am­sa het reeds met Eskom oor spe­si­a­le ta­rie­we on­der­han­del. Die voor­ge­stel­de ta­rie­we is aan die Na­si­o­na­le E­ner­gie­re­gu­leer­der (Ner­sa) voor­ge­lê. Die ge­sprek­ke met Eskom het goed ver­loop en hul­le is hoop­vol dat Ner­sa wel die voor­stel­le sal goed­keur.

“As ons ons pro­duk­sie moet af­skaal, gaan Eskom dit be­slis ook aan sy sak voel,” sê hy.

Am­sa het on­ge­veer 600 werk­ne­mers by Sal­dan­ha in diens, wat kon­trak­wer­kers uit­sluit.

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

Wim de K­lerk, uit­voe­ren­de hoof van Am­sa.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.