O­pul wil aan­hou om o­lie­pro­duk­sie te be­perk

Beeld - - Sake - Wood en Bloom­berg – El­vi­ra

Die Or­ga­ni­sa­sie van Pe­tro­le­umuit­voer­lan­de (O­pul) en sy bond­ge­no­te wil hul oor­een­koms om o­lie­pro­duk­sie te be­perk vir nog ne­ge maan­de ver­leng. Dit is deel van die plan om pry­se te help ver­hoog en hul e­ko­no­mieë te laat her­leef.

Hoe­wel mi­nis­ters wat van­dees­week in We­ne, Oos­ten­ryk, ver­ga­der nog be­plan om hul ver­skil­len­de op­sies te be­spreek, is daar ál meer een­stem­mig­heid om oor­een te kom om pro­duk­sie tot Maart 2018 te be­perk.

“Ek dink ons stem in dié sta­di­um saam oor ne­ge maan­de,” sê Nou­red­di­ne Bou­tar­fa, Al­ge­rië se mi­nis­ter van e­ner­gie.

“Maar ons kan dalk mô­re ’n an­der voor­stel maak,” sê hy.

O­pul en 11 lan­de wat nie lid van die or­ga­ni­sa­sie is nie, het in 2016 oor­een­ge­kom om o­lie­pro­duk­sie met so­veel as 1,8 mil­joen va­te per dag te ver­min­der.

Daar is oor­spronk­lik be­plan om van Ja­nu­a­rie van­jaar die la­er pro­duk­sie­vlak­ke vir ses maan­de te hand­haaf, maar die sta­di­ger as ver­wag­te af­na­me in die oor­skot brand­stof­voor­raad het ge­maak dat O­pul dié plan her­oor­weeg.

Rus­land, Sa­oe­di­Ara­bië en Irak het o­pen­lik ge­sê hul­le steun die plan om pro­duk­sie tot Maart 2018 te be­perk.

Nie al­mal steun eg­ter die ne­ge­maan­de­plan nie, sê Is­sam Al­mar­zooq, Koe­weit se mi­nis­ter vir o­lie.

’n Ko­mi­tee van ses O­pul­ en ses nie­O­pul­lan­de sou gis­ter ver­ga­der om die me­rie­te te be­spreek daar­van om die be­per­kings vir nog 12 maan­de, bo en be­hal­we die ses­ en ne­ge­maan­de­tyd­per­ke wat reeds ge­noem word, toe te pas.

Die In­ter­na­si­o­na­le E­ner­gie­a­gent­skap sê as O­pul Brent­ru­o­lie se pro­duk­sie op 31,8 mil­joen va­te per dag tot aan die ein­de van die jaar hand­haaf, sal dit die da­ling in o­lie­voor­ra­de ver­snel.

“Die oor­een­koms werk en ek weet dit sal ge­du­ren­de die twee­de helf­te selfs be­ter werk,” sê Su­hail Al Ma­zrou­ei, die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te se mi­nis­ter van e­ner­gie.

“Ons moet die mark meer tyd gee.”

Brent­ru­o­lie het gis­ter­og­gend teen $51,61 per vat ver­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.