C­hec­kers bring Litt­le Shop te­rug met Ou­ma­be­skuit, ‘Huis­ge­noot’

Beeld - - Sake - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die win­ter gaan op­ge­warm word vir ver­brui­kers wan­neer C­hec­kers sy ge­wil­de Litt­le S­hop­mi­ni­a­tuur­re­pli­kas van krui­de­niers­wa­re te­rug­bring – dié keer met wel­be­ken­de plaas­li­ke han­dels­mer­ke, soos Ou­ma-be­skuit, in­ge­sluit.

Boon­op gaan Suid-A­fri­ka se guns­te­ling­tyd­skrif, You (die En­gel­se weer­ga­we van Huis­ge­noot), ook on­der die re­pli­kas lê, as­ook die be­ken­de Zoo-koe­kies.

Dit volg kort op die hak­ke van Pick n Pay, wat sy twee­de reeks Su­per A­ni­mals in A­pril be­kend ge­stel het.

Die pro­mo­sies om ver­brui­kers na hul win­kels te lok, het in 2015 be­gin toe Pick n Pay ’n op­skud­ding ver­oor­saak het met sy plas­tiek­dier­tjies ge­naamd S­ti­keez.

’n Jaar la­ter in Ju­lie 2016 het C­hec­kers ’n soort­ge­ly­ke stra­te­gie pro­beer en met die mi­ni­a­tuur­re­pli­kas vo­ren­dag ge­kom. Blyk­baar bring C­hec­kers die Litt­le Shop te­rug om­dat dit so ge­wild was.

Dit sal op 26 Mei in die win­kels be­skik­baar wees.

Dit is ’n stel van 30 van die mi­ni­a­tuur­ver­sa­mel­stuk­ke.

C­hec­kers het gis­ter­og­gend op sy T­wit­ter-re­ke­ning sy vol­gers ge­kog­gel met ’n blits­vi­deo oor die moont­lik­heid dat Litt­le Shop te­rug­kom.

Op sy Facebook-blad het le­sers gou op­ge­won­de ge­re­a­geer oor die moont­lik­heid dat die k­lein re­pli­kas te­rug­keer.

“Dit is geen ge­heim nie dat Suid-A­fri­ka se groot win­kel­groe­pe in die wed­loop om die har­te, ge­dag­tes en na­tuur­lik, die ran­de van ver­brui­kers suk­kel om hul­le te on­der­skei van me­kaar met die nor­ma­le P’s – pro­duk, prys en plek,” het Ni­cho­las Paul van Tra­de In­tel­li­gen­ce en re­dak­teur van Tra­de Tat­ler voor­heen ge­sê.

Hy sê dié is nog ’n ge­bied waar­op klein­han­de­laars kan mee­ding.

Jo­na­than C­her­ry, be­mar­king­stra­teeg van C­her­ryf­la­va.com, het voor­heen oor die veld­tog­te ge­sê dit is lo­ja­li­teits­be­mar­kings­plan­ne.

“Die i­dee is om men­se aan te spoor om te­rug te kom na die su­per­mark,” sê hy.

“Dit is op kin­ders ge­mik en hul­le kom ge­woon­lik saam met ’n vol­was­se­ne, en die vol­was­se­ne het geld. Die i­dee is om die pro­duk­te te ver­sa­mel so­dat men­se oor en oor te­rug­kom.”

Só lyk die k­lein uit­ga­we van Huis­ge­noot wat in­ko­pie­gan­gers kan ver­sa­mel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.