Lewis­groep skryf nog meer skuld af

Beeld - - Sake nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die meu­bel­groep Lewis het ’n moei­li­ke boek­jaar tot ein­de Maart be­leef waar­in han­dels­toe­stan­de ver­der ag­ter­uit­ge­gaan het en sy klan­te se sleg­te skuld met 35% ge­styg het.

Ver­ge­le­ke met die 2016boek­jaar, toe R765,8 mil­joen af­ge­skryf is, moes meer as R1 mil­jard nou af­ge­skryf word.

Jo­han Ens­lin, uit­voe­ren­de hoof, sê die Lewis-groep se tei­ken­mark het in dié tyd­perk on­der ge­wel­di­ge fi­nan­si­ë­le druk ver­keer.

“Hul­le kon nie by­hou met hul maan­de­lik­se be­ta­lings nie en die skuld is af­ge­skryf.”

Ens­lin sê in ge­heel het die de­bi­teu­re­kos­te wel met net 6% ge­styg. Vol­gens hom dui dit daar­op dat Lewis voor­sie­ning vir af­skry­wings teen die reg­te re­ke­nin­ge ge­maak het. Die groep het die laas­te paar jaar kri­tiek ge­kry oor hoe hy daar­voor voor­sie­ning maak.

Lewis se tei­ken­mark is men­se in die lae- tot mid­del­in­kom­ste­groe­pe. Tal­le van sy klan­te woon op die plat­te­land.

Hoë werk­loos­heid en die droog­te se im­pak op plat­te­land­se e­ko­no­mieë het ook sy tol ge­ëis.

Ens­lin sê in die vo­ri­ge boek­jaar het de­bi­teu­re­kos­te skerp met 17% ge­styg en ’n ver­lang­sa­ming kan nou ge­sien word.

Lewis se klan­te is baie ne­ga­tief ge­raak deur die re­gu­la­sies wat in 2015 in wer­king ge­tree het wat ver­eis ont­le­dings moet voor­af ge- doen word om te be­paal of klan­te werk­lik kre­diet kan be­kos­tig.

Lewis se in­kom­ste het in ge­heel met 3,3% tot R5,6 mil­jard ge­daal. Dit is weens die in­kom­ste wat ver­dien word uit ver­se­ke­ring wat op kre­die­toor­een­koms­te ge­hef word en wat met 9,5% ge­daal het.

Ens­lin sê dit is eer­stens die uit­wer­king van la­er kre­diet­ver­ko­pe.

Aan­ko­pe op kre­diet in ver­hou­ding tot to­ta­le ver­ko­pe het van 75% vyf jaar ge­le­de tot so­wat 64% ge­daal.

Hy meen dié da­ling gaan nog vir 12 maan­de voort­duur voor­dat dit sal sta­bi­li­seer.

In­tus­sen tree nu­we re­gu­la­sies be­gin Au­gus­tus in wer­king om kre­diet­ver­se­ke­ring te be­perk en dit gaan sy in­kom­ste uit ver­se­ke­ring in die ko­men­de drie jaar met ’n ge­raam­de R105 mil­joen laat daal.

Lewis se wins het skerp ge­daal na­dat sy uit­ga­wes sker­per as sy wins ge­styg het. Sy wins het met 62% tot R358 mil­joen ge­daal.

Ens­lin sê wat po­si­tief is, is dat die maat­skap­py baie van sy skuld te­rug­be­taal het. In die jaar is R1 mil­jard se skuld ge­delg en dit het die maat­skap­py met ’n baie sterk ba­lans­staat ge­laat.

Sy di­vi­dend is skerp ver­laag van R5,17 in die vo­ri­ge boek­jaar tot R2 per aan­deel.

Lewis gaan wel van sy aan­de­le be­gin te­rug­koop om­dat gro­ter waarde ge­sien word.

Die aan­deel­prys het skerp ge­daal die af­ge­lo­pe jaar en ver­han­del tans op so­wat R33 per aan­deel. Vol­gens Ens­lin is die net­to ba­te­waar­de R61 per aan­deel.

Fo­to: LEWIS GROUP

Een van die win­kels in die Lewis­groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.