Me­di­cli­nic val ná wets­wy­si­ging­skok­ke

Beeld - - Sake nuus - Nel­lie Brand­Jon­ker

Die in­ter­na­si­o­na­le hos­pi­taal­groep Me­di­cli­nic se aan­deel­prys het gis­ter met 7% ge­daal na­dat die voor­uit­sig vir die her­stel van sy be­dry­wig­he­de in die Mid­de-Oos­te be­leg­gers te­leur­ge­stel het.

Me­di­cli­nic se in­kom­ste het in die boek­jaar tot ein­de Maart met 30% ge­styg tot £2,7 mil­jard na­dat die Al Noor-hos­pi­taal­groep van die Mid­de-Oos­te in sy vol­le boek­jaar in­ge­sluit is.

Da­nie Meintjes, uit­voe­ren­de hoof, sê die groep het in S­wit­ser­land en Sui­der-A­fri­ka goeie groei in in­kom­ste en be­dryfs­wins, uit­ge­sluit fi­nan­sie­rings­kos­te en waar­de­ver­min­de­ring, ge­toon.

“Maar die Mid­de-Oos­te het nie aan ons ver­wag­tin­ge vol­doen nie en is deur die on­der­ne­ming in Abu D­ha­bi be­ïn­vloed,” sê Meintjes.

Hy sê in die boek­jaar is die hos­pi­taal­groep meer as ge­woon­lik deur wets­wy­si­gings ge­raak, ver­al in S­wit­ser­land en Abu D­ha­bi.

Me­di­cli­nic is nou een van die groot­ste pri­va­te ver­skaf­fers van ge­sond­heid­sorg in die Mid­deOos­te. Die mees­te van sy be­dry­wig­he­de is in Du­bai en Abu D­ha­bi.

Die on­der­ne­ming in Abu D­ha­bi se in­kom­ste het met 19% ge­daal na­dat “on­voor­sie­ne wets­wy­si­gings” mee­ge­bring het dat min­der pa­si­ën­te ont­vang is.

Die re­ge­ring daar het in Ju­nie 2016 sum­mier by­be­ta­lings aan­ge­kon­dig vir pa­si­ën­te wat pri­va­te hos­pi­ta­le be­soek.

Die be­dryfs­wins voor fi­nan­sie­rings­kos­te en waar­de­ver­min­de­ring van die on­der­ne­ming daar het met 5% ge­daal.

Me­di­cli­nic het ein­de A­pril aan­ge­kon­dig die by­be­ta­ling van 20% vir le­de van een van die ske­mas vir be­han­de­ling in pri­va­te hos­pi­ta­le in Abu D­ha­bi word sum­mier op­ge­hef.

Die by­be­ta­ling bui­te Abu D­ha­bi is ook ver­min­der.

Meintjes sê ’n “stel­sel­ma­ti­ge ver­be­te­ring” in die Abu D­ha­bi­on­der­ne­ming word in die ko­men­de paar jaar ver­wag. Net ’n ef­fen­se ver­be­te­ring in sy in­kom­ste vir die hui­di­ge boek- jaar, en dat sy mar­ges ook net stel­sel­ma­tig sal ver­be­ter, word ver­wag.

Meintjes sê in S­wit­ser­land kan die be­dryfs­wins­mar­ge, uit­ge­sluit fi­nan­sie­rings­kos­te en waar­de­ver­min­de­ring, daal, ook on­der meer weens die im­pak van wets­wy­si­gings daar.

Die ver­ou­de­ring van ver­brui­kers en hul groei­en­de siek­te­las skep ge­leent­he­de vir groei vir die groep. “Maar die toe­na­me in vraag word be­ïn­vloed deur la­er e­ko­no­mie­se groei en meer me­de­din­ging.

“Boon­op is daar ook ’n gro­ter fo­kus op be­kos­tig­baar­heid, wat tot ’n ve­ran­de­ring in die mo­del vir diens­le­we­ring en tot gro­ter re­gu­la­to­rie­se toe­sig aan­lei­ding gee,” sê hy.

Me­di­cli­nic se aan­deel­prys het in Jo­han­nes­burg meer as 7% tot R137 ge­daal.

Marc Ham­moud en Let­lot­lo Le­na­ke, ont­le­ders van Deut­sche Bank, sê vol­gens Bloom­berg die voor­uit­sig toon dat dit ’n ruk gaan duur voor­dat die on­der­ne­ming in die Mid­de-Oos­te her­stel.

“Die voor­uit­sig dui op moei­li­ke toe­stan­de in al sy be­dry­wig­he­de, ter­wyl ’n stel­sel­ma­ti­ge her­stel in die Ver­e­nig­de Ara­bie­se E­mi­ra­te die men­se wat ’n ster­ker her­stel ver­wag het, te­leur sal stel,” sê Ka­ne Slut­z­kin, ’n ont­le­der van UBS.

Die Mid­de­Oos­te het nie aan ons ver­wag­tin­ge vol­doen nie. — DA­NIE MEINTJES

Die naam Me­di­cli­nic op ’n hos­pi­taal in die Mid­de­Oos­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.