Dob­bel: Kom­mer oor land se toe­koms hou beur­sies toe

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler Dob­bel ver­loor fleur Ho­tel­ka­mers vol­ler Voor­uit­sig­te

Dob­bel se ge­wild­heid taan nié en men­se het nie skie­lik min­der geld nie, maar hul­le be­stee nie graag geld as hul­le be­kom­merd is oor Suid-A­fri­ka se toe­koms nie.

Só ver­klaar Mar­cel von Au­lock, uit­voe­ren­de hoof van T­so­go Sun, die “te­leur­stel­len­de” sty­ging van net 2% in dié groep se in­kom­ste uit dob­bel.

Dob­bel ver­teen­woor­dig so­wat 57% van dié ho­tel-en­ca­si­no-groep se in­kom­ste en die groep spog met Mon­te­ca­si­no, Gold Reef Ci­ty, Sun­co­ast Ca­si­no, The Ca­le­don Ca­si­no, Ho­tel en Spa en Gar­den Rou­te Ca­si­no. Hy be­sit ook 20% van Gran­dWest.

Von Au­lock sê ’n ca­si­no soos Mon­te­ca­si­no in Jo­han­nes­burg se par­keer­ter­rein is steeds el­ke Sa­ter­dag­aand vol­ge­pak, maar men­se sit min­der geld op dob­bel­ta­fels neer.

Tus­sen Maart, toe die rand sterk was en men­se op­ti­mis­ties ge­voel het, en A­pril, ná pres. Ja­cob Zu­ma se ka­bi­net­s­kom­me­ling en die af­gra­de­ring van staat­skuld, het die dob­bel­in­kom­ste skerp ge­daal.

In die loop van die boek­jaar was die dob­bel­in­kom­ste ook wis­sel­val­lig.

Ver­kry­gings het T­so­go Sun se in­kom­ste die af­ge­lo­pe jaar ’n groot hup­stoot ge­gee. Hy het 16 ho­tel­le by die groep se por­te­feul­je ge­voeg, soos The We­s­tin Ca­pe Town, Ra­dis­son Fo­res­ho­re, Ra­dis­son Gautrain, Ho­li­day Inn Sand­ton en die Cro­w­ne Pla­za in Ro­se­bank, Jo­han­nes­burg.

Die groep het in sy boek­jaar tot ein­de Maart ’n re­kor­d­in­kom­ste van R13,2 mil­jard be­haal. Dis die eer­ste keer nóg dat dit meer is as R13 mil­jard en dis 8% meer as in die vo­ri­ge boek­jaar.

Son­der ver­kry­gings sou die groep se we­sens­ver­dien­ste, wat met 6% ge­styg het, na­ge­noeg 4% ge­wees het, sê Von Au­lock. Die to­ta­le dob­bel­in­kom­ste het met 3% tot R9,1 mil­jard ge­styg, maar as uit­be­ta­lings af­ge­trek word, is die net­to dob­bel­in­kom­ste slegs 2% ho­ër op R7,483 mil­jard.

Die in­kom­ste uit dob­bel­ma­sjie­ne is on­ver­an­derd en dié uit dob­bel­ta­fels het met 8% ge­styg.

Dit weer­spie­ël die feit dat ry­ker Suid-A­fri­ka­ners steeds lus­tig voort­dob­bel, ter­wyl la­er- en mid­de­lin- kom­ste­groe­pe min­der geld be­stee. Meer men­se het die af­ge­lo­pe jaar in ho­tel­le ge­bly en die groep se be­set­tings­koers het tot 64,3% (2016: 63,5%) ge­styg. Ho­ër be­set­ting het, te­sa­me met ’n 5%-sty­ging in ge­mid­del­de ka­mer­ta­rie­we, die in­kom­ste per be­skik­ba­re ka­mer met 6% tot R672 laat styg.

Ho­tel­ka­mers sorg vir na­ge­noeg 23% van T­so­go se in­kom­ste en kos en drank vir 11%. Dit gaan maar droe­wig in baie van die lan­de waar­in T­so­go Sun sa­ke doen en die maat­skap­py ver­wag dat sy in­kom­ste per­sen­ta­sie­ge­wys on­der druk sal bly.

Von Au­lock sê hul­le het dank­sy hul lang­ter­myn­stra­te­gie “be­dui­den­de groei­po­ten­si­aal, sou die ver­brui­ker- en kor­po­ra­tie­we mark van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie in die toe­koms ver­be­ter”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.