Erg­ste sty­gings in vleis­pry­se dalk verby

Beeld - - Sake nuus - Han­lie S­tad­ler

Die sty­ging in vleis­pry­se het bes moont­lik die boon­ste draai­punt be­reik.

Vleis was in A­pril ge­mid­deld 10,5% duur­der as ’n jaar ge­le­de, het S­ta­tis­tie­ke Suid-A­fri­ka (SSA) gis­ter be­kend ge­maak.

Hoe­wel vleis nie som­mer goed­ko­per sal word nie, sê Wan­di­le Sihlo­bo, e­ko­noom van die land­bou­sa­ke­ka­mer Ag­biz, is daar hoop dat sty­gings sta­di­ger sal wees.

Een re­de daar­voor is dat die voor­raad bees­vleis be­gin “nor­ma­li­seer”.

Boe­re het in Maart 238 097 vee ge­slag – we­lis­waar 18% meer as in Fe­bru­a­rie, maar 6% min­der as ’n jaar ge­le­de. Dit be­te­ken daar is te­kens dat boe­re se kud­de dalk sta­dig maar se­ker weer aan die op­bou is na­dat baie vee weens die droog­te uit­ge­slag is.

Sihlo­bo sê hoen­der­vleis sal dalk ook nie veel duur­der word nie om­dat in­voer nie veel ge­daal het nie. Vol­gens aan­dui­dings sal plaas­li­ke pro­duk­sie toe­neem weens die da­ling in voer­pry­se.

Soet­goed was in A­pril ’n e­nor­me 18,4% duur­der as ’n jaar ge­le­de. Vleis is 10,5% duur­der en vis 9,7% duur­der.

As jy jou kos­re­ke­ning wil be­snoei, moet jy jou trol­lie laai met vrug­te en groen­te, wat on­der­skei- de­lik 1,2% en 5,2% goed­ko­per is as ’n jaar ge­le­de.

Kos­prys­in­fla­sie was in A­pril ge­mid­deld 6,7% – die laag­ste in 18 maan­de. Al­ge­he­le in­fla­sie het tot 5,3% ge­val, die laag­ste in 16 maan­de. “Ons glo daar is ruim­te vir ver­de­re, maar ma­ti­ge ver­lang­sa­ming in kos­prys­in­fla­sie oor die vol­gen­de paar maan­de.”

In A­pril het die ge­mid­del­de Suid-A­fri­ka­ner pre­sies die­self­de be­taal vir ’n trol­lie kos as ’n maand ge­le­de. Dié son­der­lin­ge feit kom dank­sy die 1%-da­ling in die prys van brood en graan­pro­duk­te in dié maand en van 1,8% in die prys van o­lies en vet­te. Vrug­te (0,1%) en melk, kaas en ei­ers (0,7%) het ook ef­fens goed­ko­per ge­word oor die loop van die maand.

Oor ’n jaar het die prys van brood en graan­pro­duk­te (5,4%); en melk, kaas en ei­ers (6,1%) aan­sien­lik sta­di­ger ge­styg.

Dié pro­duk­te het tot on­langs toe met dub­bel­sy­fers duur­der ge­word.

Die pro­duk­sie van so­mer­gra­ne, soos mie­lies en o­lie­sa­de soos son­ne­blom­me, vir van­jaar word op 16,9 mil­joen t ge­raam – ’n e­nor­me 82% meer as in 2016, wat sal help om mie­lie­pry­se af te druk.

Sihlo­bo sê dit kan wel ef­fens teen­ge­werk word deur ’n sty­ging in ko­ring­pry­se.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.