Rockwell vir eers vei­lig

Beeld - - Geklassifiseerd - El­vi­ra Wood

Rockwell Di­a­monds se drie fi­li­a­le gaan nie ge­li­kwi­deer word nie, na­dat die maat­skap­py se aan­soek om sa­ke­red­ding goed­ge­keur is.

’n Voor­lo­pi­ge li­kwi­da­sie­be­vel is op 23 Maart in Kim­ber­ley teen dié Ka­na­de­se di­a­mant­maat­skap­py se drie Suid-A­fri­kaan­se fi­li­a­le – Rockwell RSA, HC van Wyk Di­a­monds en Saxen­drift Mi­ne – uit­ge­reik. C-Rock Mi­ning (CML), een van Rockwell se kon­trak­teurs, het die aan­soek in­ge­dien om die fi­li­a­le te li­kwi­deer.

CML se aan­soek het daar­op be­rus dat hy ’n oor­een­koms vir kon­trak­myn­werk by die be­dry­wig­he­de ge­had het, dat Rockwell on­der­neem het om CML te ver­goed vir se­ke­re be­las­ting­boe­tes en die ren­te daar­op en dat Rockwell se­ke­re skuld van Saxen­drift sou be­taal.

Rockwell sê in ’n ver­kla­ring die feit dat die hoog­ge­regs­hof in Kim­ber­ley sy aan­soek om sa­ke­red­ding op 18 Mei goed­ge­keur het, dui daar­op dat “’n re­de­li­ke voor­uit­sig be­staan om die fi­li­a­le te red en hul wins­ge­wend­heid op lang ter­myn te her­stel”.

Rockwell sê in sy ver­kla­ring hy sal voort­gaan met straf­reg­te­li­ke en si­vie­le ei­se teen CML en in­di­vi­due wat by CML be­trok­ke is.

Die ver­wer­kings­aan­leg by Rockwell Di­a­monds se Saxen­drift­di­a­mant­myn in die Noord­Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.