Haaie se Sbu in self­de span as sy hel­de

Beeld - - Geklassifiseerd - Ti­nus van S­ta­den

Hy was in gr. 2 toe hy die Haaie se S­pring­bok­vleu­el Od­wa N­dun­ga­ne vir die eer­ste keer sien rug­by speel het.

En nou deel Sbu N­ko­si (21), die Haaie-vleu­el, ’n kleed­ka­mer met die ein­ste N­dun­ga­ne.

“Dit was ’n baie mak­li­ke be­sluit om na die Haaie toe te kom, ek on­der­steun hul­le nog my he­le le­we lank,” sê N­ko­si, wat ver­le­de week in Sin­ga­poer twee drieë teen die Sun­wol­ves ge­druk het.

“Ek kon net daar­van droom om langs die­self­de men­se te speel wat op die plak­ka­te op my slaap­ka­mer­muur ge­pronk het.”

N­dun­ga­ne was een van sy hel­de toe hy groot­ge­word het.

“Dan ook L­wa­zi M­vo­vo, ek het soos hy pro­beer speel toe ek op ho­ër­skool was. Daar­die twee het be­slis die ma­nier hoe ek speel, help slyp,” sê N­ko­si.

Die der­de sport­ster wat N­ko­si as een van sy hel­de be­skou, is straks iet­wat on­be­kend in Suid-A­fri­ka.

“Die der­de mens wat ek as ’n held be­skou, is dalk ’n bie­tjie vreemd – Shaun John­son. Hy is ’n Nieu-See­land­se rug­by­li­ga­spe­ler. Ek het al­tyd na YouTu­be-vi­deo’s van hom ge­kyk om te sien hoe om te sy­stap,” sê hy.

N­ko­si, wat ver­le­de jaar vir die Suid-A­fri­kaan­se o.20-span ge­speel het, het as ’n agt­ja­ri­ge die spel leer speel.

“Ek het ’n vriend ge­had, CJ van der Walt, en ons het al­tyd in sy ag­ter­plaas rug­by ge­speel. Ek het toe nog nie rug­by op skool ge­speel nie, maar hy het my ge­nooi om vir die pret te gaan speel.

“Ek ont­hou nog my heel eer­ste wed­stryd. Ek het ’n drie ge­druk, al het ek nie ’n be­nul ge­had wat ek doen nie. Ek ont­hou net dat ek die bal ge­kry en ge­hard­loop het ter­wyl al­mal my aan­ge­moe­dig,” ver­tel hy.

N­ko­si het sy Su­per­rug­by­bui­ging aan die be­gin van die maand teen die We­stern For­ce in Dur­ban ge­maak.

Hy het ’n drie in sy bui­ging ge­druk, maar na­dat die TV­skeids­reg­ter be­slis het daar was ’n aan­slaan vroe­ër in die be­we­ging, is dié drie nie toe­ge­ken nie.

N­ko­si het nie­te­min goeie her­in­ne­rin­ge van dié “drie”.

“Ek was vroe­ër van die veld af om ’n har­sing­skud­dings­toets te doen. Ek was baie ge- span­ne. Toe ek te­rug­kom, het ons ’n drie af­ge­staan en ek was nóg meer op my se­nu­wees.

“Maar toe ek die bal kry met net die heel­ag­ter voor my, het ek be­sef dis my oom­blik. Ek het bui­te my ge­kyk vir on­der­steu­nen­de spe­lers, maar daar was nie­mand. Toe dink ek: ‘Ge­na­de, die wê­reld dwing my om iets spe­si­aals te doen!’ Toe ek die heel­ag­ter klop en druk, was dit on­ge­loof­lik.”

Die Haaie speel oor­mô­re teen die S­tor­mers in Dur­ban en N­ko­si glo dié wed­stryd kan ’n skou­spel wees.

“Die S­tor­mers het op­win­den­de spe­lers en ons wil ook aan­skou­li­ke rug­by speel wat die on­der­steu­ners op hul voe­te kan kry,” sê hy.

Sbu N­ko­si, jong Haaie­vleu­el

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.