Wil­co kan Bo­k­aan­de­le teen Be­ast laat styg

Beeld - - Geklassifiseerd - Fran­cois de Wet

Al­mal het mos maar ’n droom om vir die Bok­ke te speel — WIL­CO LOUW

Die S­tor­mers-vas­kop­stut Wil­co Louw kry oor­mô­re ’n gul­de ge­leent­heid om aan die S­pring­bok­ke se be­stuur te wys hy ver­dien meer as net ’n in­slui­ting in die land se naas­bes­te rug­by­span.

Die S­tor­mers kom dan in Dur­ban teen die Haaie in ’n Su­per­rug­by­krag­me­ting te staan.

Louw het vroe­ër van­dees­week er­ken hy was so ’n bie­tjie te­leur­ge­steld om nie na die laas­te Bok-oe­fen­kamp ge­nooi te word nie.

Dié 22-ja­ri­ge boor­ling van Ce­res het van­jaar die oog ge­tref met sy krag­ti­ge skrum­ver­to­nings in die Su­per­reeks en het nog vir geen op­po­ne­ren­de stut te­rug­ge­staan nie.

Frans Mal­her­be, Ru­an D­rey­er en Coe­nie Oost­hui­zen se na­me is eg­ter eer­gis­ter as die Bok­ke se vas­kop­stut­te uit­ge­lees en Louw sal vir eers te­vre­de moet wees met ’n plek in die SA A-span.

“Al­mal het mos maar ’n droom om vir die Bok­ke te speel, maar ek glo daar is ’n gro­ter plan en wan­neer my kans kom, sal dit op die reg­te tyd kom,” het hy ge­sê.

Louw kan op Kings­park wel aan Al­lis­ter Coet­zee en kie stof tot na­den­ke gee.

Hy sal moont­lik teen Ten­dai M­ta­wa­ri­ra, die Bok­ke se eer­ste­keu­se­loskop­stut, sak, en kan sy aan­de­le ver­der laat styg met ’n oor­win­ning in daar­die twee­stryd.

Die kans is ook daar dat Louw teen T­ho­mas du Toit, nóg ’n jong krag­man, in die skrums gaan sak. Du Toit is saam met Louw in die SA A-span in­ge­sluit.

Vir die ta­lent­vol­le Louw is die ont­wik­ke­ling van sy spel en vaar­dig­he­de vir eers die be­lang­rik­ste pri­o­ri­teit en het hy ver­wys na hoe goed die Blu­es se C­har­lie Faumuina die bal in kon­tak uit­ge­gee het (in ver­le­de week se stryd op Nu­we­land).

“Sy aan­geë het tot twee drieë vir hul­le ge­lei.

Dit is iets waar­aan ons as voor­spe­lers baie hard werk en co­ach Paul (Feen­ey) het in die voor­sei­soen groot klem daar­op ge­plaas.”

Oor die stryd teen Haaie het Louw ge­sê har­de werk gaan in die en­jin­ka­mer ver­rig moet word om die tuis­span tot oor­ga­we te dwing.

Die Haaie het nes die S­tor­mers ver­le­de week weer op die wen­pad ge­kom en sal dié krag­me­ting met oor­ge­noeg self­ver­troue bin­ne­gaan.

Fo­to: GALLO IMAGES

Wil­co Louw

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.