Ma­lin­ga ‘wil punt be­wys’

Beeld - - Geklassifiseerd - Jo­hann de Ja­ger

La­sith Ma­lin­ga, streep­bal­ko­ning van Sri Lan­ka, sal in die toer­nooi om die Kam­pi­oe­ne­tro­fee ’n punt wil be­wys na­dat hy ’n keer of wat vir die span oor die hoof ge­sien is.

Hy sal ook met baie self­ver­troue in En­ge­land aan­kom na­dat sy span (die Mum­bai In­di­ans) die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) ge­wen het.

Só waar­sku Al­lan Do­nald, voor­ma­li­ge boul­af­rig­ter van die Pro­te­as, wat Sri Lan­ka in dié toer­nooi as kon­sul­tant by­staan.

Sri Lan­ka speel in sy eer­ste wed­stryd vol­gen­de Sa­ter­dag op die O­val in Lon­den teen SuidA­fri­ka. Die ei­land­man­ne het van­dees­week twee oe­fen­wed­stry­de teen S­kot­land ge­speel en gaan ook nog teen Aus­tra­lië en Nieu-See­land oe­fen.

Ma­lin­ga (33), wat hom eers van­dees­week by die span sou aan­sluit, sal vol­gens Do­nald teen die Aus­sies of Ki­wi’s in ak­sie wees.

Hy het vroe­ër van­jaar die toer na Suid-A­fri­ka weens pyn in sy knieë, as­ook knok­kel­koors, mis­ge­loop. Hy het in A­pril in Mel­bour­ne in ’n T20­wed­stryd teen Aus­tra­lië ná by­kans ’n jaar sy in­ter­na­si­o­na­le te­rug­keer ge­maak. Hy het se­dert­dien in vyf T20-wed­stry­de ge­speel voor­dat hy na die IPL is.

Hy het in die IPL van sy vaart in­ge­boet, maar weer in­die eind­stryd ge­wys dat hy ’n wed­stryd­wen­ner is.

“Ma­lin­ga staan be­slis kop en skou­ers bo die res uit. Hy sal baie vir die spe­lers be­te­ken. Ek sal nie sê die bou­l­aan­val is ’n bie­tjie dun son­der hom nie, maar dis be­slis baie ster­ker mét hom daar,” sê Do­nald.

“Ons al­mal weet wat hy kan doen, hy is ’n wed­stryd­wen­ner en hy het dit al dik­wels ge­wys.

“Daar was kom­mer oor sy fiks­heid en of hy steeds tien beur­te kan af­stuur (hy hoef net vier in T20-wed­stry­de te boul). Ons sal in die oe­fen­wed­stry­de kyk hoe dit gaan.

“Maar dis be­slis so dat hy die on­der­vin­ding en ver­moë het om span­ne uit te haal.

“Ek het ’n paar keer met hom ge­sels toe hy in In­dië was en hy sien baie uit na die uit­da­ging. Hy wil ook ’n punt be­wys, want hy is ’n paar keer uit die span ge­laat.”

Suid-A­fri­ka­ners sal Ma­lin­ga ver­al ont­hou toe hy in 2007 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi in Guy­a­na met vier ag­ter­een­vol­gen­de af­le­we­rings van Shaun Pol­lock, Andrew Hall, Ja­c­ques Kal­lis en Mak­ha­ya N­ti­ni ont­slae ge­raak het. “Suid-A­fri­ka het ’n baie goeie span, daar­oor is daar geen twy­fel nie. Die Pro­te­as speel goeie krie­ket, Quin­ton de Kock het nou die dag teen Sus­sex ’n 100-tal ge­kry. Dis al wat Suid-A­fri­ka no­dig ge­had het en dis al wat hy no­dig ge­had het om hom­self aan die gang te kry. Kyk. dit gaan ’n baie taai wed­stryd vir Sri Lan­ka wees, be­slis.”

Fo­to: GETTY IMAGES

La­sith Ma­lin­ga vroe­ër van­jaar teen Aus­tra­lië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.