Geen Ro­ger? Geen pro­bleem

Beeld - - Geklassifiseerd -

Die or­ga­ni­seer­ders van die Fran­se Ope glo die af­we­sig­heid van Ro­ger Fe­de­rer, Se­re­na Wil­li­ams en Ma­ria S­ha­ra­po­va by Ro­land Gar­ros in 2017 sal net ’n voet­no­ta wees wan­neer die sto­rie van die twee­de Grand Slam van die jaar ver­tel word. “Die af­we­sig­heid van hier­die drie ster­re ver­swak nie die toer­nooi nie, want Ro­land Gar­ros bly ’n in­stel­ling en die hei­li­ge graal vir spe­lers,” sê die Fran­se tennis-his­to­ri­kus, Je­anChris­to­phe Pif­fau, vol­gens su­per­sport.com. “Die Grand Slam-toer- nooie is ge­an­ker in die ge­skie­de­nis van tennis en dit maak hul­le spe­si­aal én ge­sog.”

Fe­de­rer het hom aan van­jaar se Fran­se Ope ont­trek in ’n po­ging om sy ten­nis­loop­baan te ver­leng, ter­wyl Wil­li­ams vir die res van die 2017-sei­soen tyd af neem weens haar swan­ger­skap.

S­ha­ra­po­va, wat ver­le­de maand haar te­rug­keer tot be­roep­sten­nis ge­maak het ná ’n skor­sing van 15 maan­de weens die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels, gaan nie as pro­mo­tors­keu­se toe­ge­laat word om aan die toer­nooi in Pa­rys deel te neem nie.

Die Fran­se Ope be­gin op 29 Mei. ) In­tus­sen be­rig S­port24 die Rus is deur Ka­na­da se ten­nis­ba­se uit­ge­nooi om aan die WTA-toer­nooi in Toron­to deel te neem.

S­ha­ra­po­va (30), ’n vyf­ma­li­ge Grand Slam-kam­pi­oen, sal vir die eer­ste keer in Ka­na­da ver­skyn se­dert die Ro­gers­be­ker­toer­nooi in 2014.

Die toer­nooi vind van 7 tot 13 Au­gus­tus plaas en dien as op­war­ming vir die laas­te Grand Slam van die jaar, die A­me­ri­kaan­se Ope, wat op 28 Au­gus­tus be­gin.

S­ha­ra­po­va het reeds be­ves­tig dat sy in die kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooi vir Wim­ble­don sal mee­ding. Sy be­no­dig drie se­ges om vir die hoof­toer­nooi te k­wa­li­fi­seer. ) Die Ka­na­dees Eu­ge­nie Bou­chard se deel­na­me aan die Fran­se Ope is ook in die ge­drang, be­rig stuff.co.nz.

Bou­chard het haar reg­teren- kel be­seer en moes haar aan die Nu­rem­berg­be­ker-toer­nooi in Duits­land ont­trek.

Bou­chard het haar li­ga­men­te ty­dens ’n oe­fen­ses­sie ge­skeur en sy is nou in ’n stryd teen tyd ge­wik­kel om be­tyds te her­stel vir Pa­rys.

Bou­chard is een van S­ha­ra­po­va se mees uit­ge­spro­ke kri­ti­ci. Sy het vroe­ër van­dees­maand by die Ma­drid Ope ge­sê baie an­der WTA-spe­lers deel haar sen­ti­ment oor die Rus se te­rug­keer ná haar skor­sing, maar is “bang” om hul­le daar­oor uit te laat.

Bou­chard het S­ha­ra­po­va in S­pan­je vir die eer­ste keer in vyf po­gings ge­klop, met die se­ge wat ge­kom het slegs ’n week na­dat sy haar as ’n “ver­neu­ker” uit­ge­kryt het.

Ro­ger Fe­de­rer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.