S­hukri maan die naas­bes­tes

Beeld - - Geklassifiseerd - Chris­to Bu­ch­ner

S­hukri Con­rad, die af­rig­ter van die Suid-A­fri­kaan­se A-krie­ket­span, wil hê dié span moet sy eie kul­tuur ves­tig.

“Dit kan ’n baie self­sug­ti­ge om­ge­wing wees met in­di­vi­du­e­le spe­lers wat mee­ding om plek­ke in die na­si­o­na­le span, maar ek wil hê ons moet doel­ge­rig wees as ’n span en weet waar­na ons mik,” het hy voor die span se ver­trek na B­rit­tan­je ge­sê.

“Ek wil hê die ou­ens moet weg­be­weeg daar­van om een oog op die na­si­o­na­le span te hê en eers net al hul aan­dag fo­kus op die A-span en om dáár suk­ses­vol te wees.

“Jou aan­dag kan só mak­lik af­ge­trek word van wat jy nou moet doen as jy te ver voor­uit kyk en die na­si­o­na­le span as doel­wit wil hê,” sê Con­rad.

Die A-span het reeds na En­ge­land ver­trek, waar hy twee een­daag­se op­war­mings­wed­stry­de teen En­gel­se graaf­skap­pe speel en dan in ’n reeks van drie een­dag­stry­de teen En­ge­land se naas­bes­tes, die Li­ons, te staan gaan kom.

Die toer word af­ge­sluit met ’n vier­daag­se krag­me­ting teen die Li­ons.

Die Dolphins se K­ha­ya Zon­do is kap­tein van die een­dag­span, met Ai­den Mar­kram van die Ti­tans wat die meer­dag­span aan­voer.

Con­rad sê hy is baie te­vre­de met die meng­sel van er­va­ring en jeug in die groep en dat dit voor­waar die bes­te spe­lers naas die uit­soek­groep in die land is.

“Die er­va­re spe­lers wat al vir die na­si­o­na­le span ge­speel het, soos T­heu­nis de Bruyn, Tem­ba Ba­vu­ma en Ta­braiz S­ham­si, help die jon­ger spe­lers baie. Van die jon­ger spe­lers bring ook po­si­tie­we e­ner­gie,” sê hy.

Mar­kram sê hy koes­ter die kans om kap­tein te wees, maar sê dit kan in­ti­mi­de­rend wees om aan die stuur van so­veel er­va­re spe­lers te wees.

Haas­ti­ge Ke­ni­aan te moeg vir Wê­reld­by­een­koms

K­ha­ya Zon­do

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.