Gift lyk sterk kort voor Com­ra­des

Beeld - - Geklassifiseerd - Sa­rel van der Walt

Gift Ke­le­he, die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen in die op-Com­ra­des tus­sen Dur­ban en Pie­ter­ma­ritz­burg op 4 Ju­nie, het die laas­te twee we­ke van sy voor­be­rei­ding al hoe ster­ker be­gin hard­loop.

Daar­en­teen was Da­vid Ga­te­be, die wen­ner van ver­le­de jaar se af-Com­ra­des in die teen­oor­ge­stel­de rig­ting, die he­le oe­fen­kamp lank sterk, het John Ham­lett, hul af­rig­ter, Dins­dag­aand uit Dull­stroom in M­pu­ma­lan­ga ge­sê.

Sy oe­fen­groep het hul­le die laas­te so­wat twee maan­de hoog bo see­vlak vir die Com­ra­des voor­be­rei.

Die Com­ra­des word van­jaar oor ’n af­stand van 86,7 km be­slis.

“Gift en Da­vid lyk al­bei uit­ste­kend. Hul­le lyk in hier­die sta­di­um soos ’n twee­ling.

“Hier is twee man­ne met ’n mis­sie. En daai mis­sie is om te wen,” sê Ham­lett van die twee Rus­ten­burg­se at­le­te wat vir die klub TomTom deel­neem.

“Vir my as af­rig­ter sal dit in­te­res­sant wees om te sien wat in die laas­te paar ki­lo­me­ter tus­sen hul­le ge­beur.”

Ke­le­he het twee jaar ge­le­de, toe hy sy eer­ste Com­ra­des-ti­tel ver­o­wer het, uit­ste­kend ge­hard­loop.

Hy het sa­ke van Ca­to Rid­ge af, met net meer as 20 km oor, be­gin oor­heers en end­uit voor die bon­del ge­bly.

Op sy beurt het Ga­te­be ver­le­de jaar in die af-wed­loop ’n nu­we re­kord van 5 uur en 18 mi­nu­te op­ge­stel.

Ga­te­be is ’n baie sterk at­leet. Dit het hy ’n paar jaar ge­le­de in die Twee O­se­a­ne in die Kaap­se S­kier­ei­land ge­wys toe hy Con­stan­tia-nek sterk uit­ge­hard­loop het.

Die moor­den­de op­draan­des tus­sen Dur­ban en Pie­ter­ma­ritz­burg sal hom waar­skyn­lik uit­ste­kend pas. Die twee at­le­te het in ’n sta­di­um tus­sen 270 km en 280 km per week ge­hard­loop.

Ke­le­he en Ga­te­be is drie keer in drie we­ke in Dull­stroom vir die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels ge­toets. “Ons gee nie om nie, hul­le kan e­ni­ge tyd ge­toets word,” sê Ham­lett.

Die Jo­han­nes­bur­ger Ann Ashworth (Born2Run), wat ver­le­de maand die Lo­skop­wed­loop oor 50 km in M­pu­ma­lan­ga ge­wen het, het ook saam met Ham­lett se groep in Dull­stroom ge­oe­fen.

“Sy was deu­ren­tyd net ’n ent­jie ag­ter Gift-hul­le en lyk ook baie goed.

“Te mid­de van al die Com­ra­des-voor­be­rei­ding het sy tus­sen­in nog ge­stu­deer vir haar toe­la­tings­ek­sa­men as ad­vo­kaat, wat sy pas ge­slaag het.

“Sy het die po­ten­si­aal om on­der die voor­ste drie vroue te ein­dig. Ann kan dalk selfs ver­ras,” sê die af­rig­ter.

Gift Ke­le­he

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.