Ja­c­ques Ru­dolph bê­re sy krie­ket­kolf ná 20 jaar

Beeld - - Geklassifiseerd - – S­port­re­dak­sie, cri­cin­fo.com

Die voor­ma­li­ge Pro­tea­aan­vangs­kol­wer Ja­c­ques Ru­dolph (36) gaan aan die ein­de van die En­gel­se graaf­skap­sei­soen uit al­le krie­ket tree.

Ru­dolph het aan­ge­kon­dig dat hy Glamor­gan nie meer in meer­dag­wed­stry­de sal aan­voer nie. Hy sal eg­ter tot en met sy uit­tre­de aan die ein­de van die sei­soen dié graaf­skap in die T20­reeks aan­voer.

Die Aus­tra­li­ër Michael Ho­gan (35) sal die graaf­skap vir die res van die sei­soen in die meer­dag­reeks lei.

Ru­dolph het voor­heen fran­chi­se­krie­ket vir die Ti­tans en K­nig­hts ge­speel. Hy het vroe­ër ook vir Yorks­hi­re ge­speel en is se­dert 2014 by Glamor­gan, waar hy die laas­te twee sei­soe­ne kap­tein is.

Ru­dolph het ge­voel “dis die reg­te tyd” om te groet. “Ek was on­ge­loof­lik ge­luk­kig om die spel wat ek lief­het die af­ge­lo­pe 20 jaar te kon be­oe­fen.

“Dis nou tyd om my op ’n nu­we on­der­ne­ming weg van krie­ket toe te spits en ook meer tyd saam met my jong ge­sin deur te bring.”

Die hot­klou­kol­wer het 48 toet­se – 35 tus­sen 2003 en 2006 – en 13 tus­sen 2011 en 2012 – vir Suid­A­fri­ka ge­speel.

Hy sou in 2002 in Syd­ney sy toets­bui­ging teen Aus­tra­lië ge­maak het, maar is toe op die nip­per­tjie deur Jus­tin On­tong ver­vang. Per­cy Sonn, des­tyd­se krie­ket­baas, wou nie die elf­tal met Ru­dolph daar­in goed­keur nie.

Ru­dolph het toe ’n on­oor­won­ne dub­be­le hon­derd­tal (222*) in sy bui­ging teen Bangla­desj in 2003 in C­hit­tag­ong ge­mo­ker. Ru­dolph en Boe­ta Dip­pe­naar (177*) se on­oor­won­ne 429 lo­pies om die der­de paal­tjie is steeds ’n Pro­tea­re­kord. Die twee is van­dag nog ven­no­te. Hul­le boer met wild saam in die Noord­Kaap.

Ja­c­ques Ru­dolph

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.