Leeus se hoof­in­doe­na bre­ë­bors oor D­rey­er en kie.

Beeld - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Die dag toe hy ’n S­pring­bok ge­word het, het sy Trans­vaal­se span­maat, die vleu­el Gert Mul­ler, vir hom ge­sê: “Jou ge­not­vol­le rug­by is nou verby.”

So het Ke­vin de K­lerk, die p­re­si­dent van die Leeus se Rug­by­u­nie, gis­ter ge­sê toe hy ge­vra is oor die om­me­keer in sy pro­vin­sie.

“Wat Gert vir my daar­mee wou sê, is dat as jy die dag ’n S­pring­bok word, word jy al­mal se tei­ken. Al­mal wil dan wys hul­le kan be­ter as jy doen,” sê De K­lerk.

“Ek is ver­heug oor die groot ge­tal S­pring­bok­ke wat ons nou het. Dit was net en­ke­le ja­re ge­le­de wat ons net een S­pring­bok in Mar­nitz Bos­hoff in ons groep ge­had het, en op die vo­ri­ge Wê­reld­be­ker­toer­nooi het ons nie eens ’n en­ke­le ver­teen­woor­di­ger ge­had nie,” sê De K­lerk.

“Ek is baie trots as ek sien waar ons ou­ens van­daan kom. Ja­co K­riel het by­voor­beeld toe hy hier by ons aan­ge­kom het twee­de vi­ool ge­speel met De­rick Min­nie daar.

“Dan sou Ru­an D­rey­er nie sy kans ge­kry het as Ju­li­an Re­de­ling­huys nie be­seer ge­raak het nie. Die Blou Bul­le wou nie vir Fran­co Mos­tert ge­had het nie en ek het geen twy­fel dat hy nou ons bes­te slot in die land is nie,” sê De K­lerk.

Wat doen die Leeus reg om nou die nu­we S­pring­bok-fa­briek te wees?

“Ek voel ons het die reg­te ma- nier om met die spe­lers te werk en hul­le ne­de­rig te hou. Hier by ons is geld nie die be­lang­rik­ste as­pek van die spel nie. Daar gaan nou nu­we uit­da­gings wees om die spe­lers se voe­te op die grond te hou en te keer dat hul­le nie ook weg­ge­lok word nie,” sê De K­lerk.

Die laas­te keer toe die Leeus (des­tyds Trans­vaal) so­veel S­pring­bok­ke ge­had het, was in 1995 met die ver­o­we­ring van die Wê­reld­be­ker.

“Dit ver­sterk jou be­slis as jy as nu­we S­pring­bok om jou kan kyk en heel­wat van jou pro­vin­si­a­le span­maats sien. Ek ont­hou dat ek dik­wels die e­nig­ste Trans­va­ler in die span was. Dan voel jy nog­al al­leen en een­saam,” sê De K­lerk.

De K­lerk glo dit gaan soms vir War­ren W­hi­te­ley ’n “taw­we tyd aan die stuur wees”. “Dit gaan eg­ter baie vir War­ren be­te­ken om van sy Leeu-span­maats saam met hom te hê en te weet hy lei spe­lers wat in hom glo en op hom ver­trou,” sê De K­lerk.

Fo­to: GALLO IMAGES

Ke­vin de K­lerk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.