War­ren se voe­te bly plat op die aar­de

Beeld - - Sport - – Chris­to Bu­ch­ner

Dis Woens­dag­og­gend, knap voor 07:00 in ’n by­kans ver­la­te Jo­han­nes­burg­se sta­di­on en die win­ter­son­ne­tjie loer skaam oor die boom­top­pe.

Die nu­we S­pring­bok­kap­tein, War­ren W­hi­te­ley, klim uit een van die eer­ste mo­tors wat stil­ge­hou het om aan te meld vir die Leeus se rug­by­oe­fe­ning. Sy nuut­ge­von­de sta­tus het geen­sins in­breuk ge­maak op sy roe­ti­ne nie en hy meld ou­der­ge­woon­te eer­ste aan vir diens.

Dit was gis­ter­og­gend die Leeus se eer­ste vol­le oe­fe­ning vir Son­dag se Su­per­stryd op El­lis­park teen die Sout­hern Kings.

Die S­pring­bok­oe­fen­kamp wat tot Dins­dag in Jo­han­nes­burg ge­duur het, het ver­hin­der dat die af­rig­ter, Jo­han Ac­ker­mann, sy spe­lers as ’n een­heid kon hê.

Die­self­de groep wat die Bul­le die af­ge­lo­pe na­week op El­lis­park ver­rin­ne­weer het, be­hoort weer teen die Kings te speel.

Daar sal steeds nie ’n kans ge­waag word met die flank Ja­co K­riel nie, maar die reg­ter­vleu­el, Ru­an Com­brinck, sal be­hou word na­dat hy ver­le­de week be­trek is teen die Bul­le.

Die Leeus­oe­fe­ning was ’n by­nes van be­dry­wig­he­de, met ge­luk­wen­sin­ge wat uit­ge­deel is aan die nu­we S­pring­bok­ke en die Bok­kap­tein.

Ac­ker­mann en sy af­rig­ting­span se groot taak sal wees om se­ker te maak die spe­lers se fo­kus is Son­dag uit­sluit­lik op die taak om ’n vol­tal van vyf liga­pun­te teen die Kings te kry. Hy sal van hul­le ver­wag om te speel soos ou­ens wat hul S­pring­bok­sta­tus waar­dig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.