Hier kom per­de – vir jou ’stang

Beeld - - Sport - Mo­tor­re­dak­sie Vir meer in­lig­ting kan jy die web­werf shel­by­sa.com be­soek.

Se­dert sy koms twee jaar ge­le­de na die land het Ford se nu­we Mus­tang heel fluks ver­koop. Goeie nuus nou vir ei­e­naars van ’n ’stang is dat die ge­wil­de oor­se­se S­hel­by-op­gra­de­rings­pak­ket voort­aan hier ook te kry is.

S­hel­by-op­gra­de­rings is groot nuus in A­me­ri­ka, waar Car­rol S­hel­by aan­vank­lik self aan sy Ford-ren­mo­tors ge­werk het om baie suk­ses­vol op die ren­ba­ne deel te ge­neem het.

Van­dag is S­hel­by reeds dood, maar sy maat­skap­py sit steeds hul om­bou­ings vir ver­al Mus­tangs voort. Die om­bou­ings ge­skied met die goed­keu­ring van Ford.

Met die bring van die reg­ter­stuur-Mus­tang na Suid-A­fri­ka ver­le­de jaar het ’n pri­va­te groep ’n ga­ping ge­sien en reg­streeks met A­me­ri­ka vir die reg­te on­der­han­del om dié om­bou­ings hier vir die SA mark te doen.

Die om­bou­ings ge­skied by Ca­pe Mod Shop, wie se hoof­kan­toor in Mal­mes­bu­ry is. Die S­hel­by-om­bou­ings ver­an­der niks aan jou Ford-waar­borg en diens­plan nie.

Vier pak­ket­te is plaas­lik te kry. ) Die GTE-pak­ket is vir die 2.3-li­ter én die 5.0-li­ter ge­reed en bied ’n ba­sie­se lug­vloei-om­bou­ing aan die uit­laat­stel­sel, as­ook en­ke­le kos­me­tie­se op­knap­pings. ) Die GTE Plus-pak­ket is vir die V8 be­skik­baar en ver­hoog die krag van­af 306 kW na 500 kW. ) Die Su­per S­na­ke-pak­ket is ook vir die V8 be­doel en bied ’n kos­me­tie­se op­knap­ping vir die bak­werk en bin­ne­ruim. Ster­ker Wil­wood-rem­me word ook op die mo­tor ge­sit.

Op­si­o­neel kan jy ook saam met die Su­per S­na­ke-pak­ket die krag na 560 kW laat op­stoot. ) En laas­tens bied die S­hel­by Ter­lin­gua-pak­ket jou die ge­leent­heid om 600 kW on­der die en­jin­kap te hê. Ver­stel­ba­re Ei­ba­ch­ve­ring, B­rem­bo-rem­me, ’n nu­we slui­te­we­naar en kos­me­tie­se aan­pas­sings kom als saam met die stel­sel. Die op­gra­de­rings word deur ’n vol­le­dig op­ge­lei­de teg­ni­kus be­har­tig en el­ke mo­tor kry ’n me­taal­plaat op die en­jin met die pak­ket se nom­mer daar­op ge­gra­veer om die egt­heid daar- van te waar­borg.

As jy ’n nu­we Mus­tang by Ford koop, kan jy of da­de­lik die op­gra­de­rings ver­soek of dit in ’n la­ter sta­di­um na die werk­win­kel neem om aan­ge­bring te word.

Sou jy dit van nuut af wou laat op­sit, stuur Ford die Mus­tang self na Mal­mes­bu­ry waar­na jy dit daar by hul­le kan gaan haal.

Be­staan­de ei­e­naars van Mus- tangs kan ook in­di­vi­du­e­le S­hel­by-kom­po­nen­te deur die S­hel­by SA-kan­toor van­uit A­me­ri­ka laat be­stel. )

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.