Ga­we Ti­po straks nie al­mal se ti­pe

Beeld - - Sport - Braam Peens

Moe­nie ver­der lees as jy nog nie John­ny is nie dood nie ge­kyk het nie. In die aan­gry­pend­ste oom­blik van hier­die mees­ter­stuk her­leef Li­se (Ro­lan­da Marais) haar droom van hoe sy vir John­ny tot by sy hang­dood ag­ter­volg, net om te sien dat die ly­ke wat on­der­aan die boom­tak soos spit­hoen­ders draai, dié van al­mal in hul in­tie­me vrien­de­kring – be­hal­we John­ny – is. Sy óók.

Die dood maak jou vry, ter­wyl die ag­ter­ge­ble­we­nes vas­ge­ket­ting bly in die hel van post­re­vo­lu­sie­blu­es en ’n mid­del­klas­be­staan. Al wat 20 jaar la­ter oor is, is sin­ne­lo­se braai­vleis-her­ver­tel­lings van die ou dae, in ’n huis nou be­vei­lig met tra­lie en muur teen al­les waar­voor hul­le des­tyds ba­klei het.

En die ont­nug­te­ring van ’n Fi­at Ti­po in die gara­ge.

Nie dat Fi­at uit­sluit­lik mo­tors vir po­s­tal­ter­na­tie­we A­fri­ka­ners bou nie, maar die feit is dat hier­die I­ta­li­aan­se maat­skap­py se her­toe­tre­de tot die ge­sins­mo­tor uit­sluit­lik ge­mik is op ’n mark­seg­ment wat be­rug is vir sy ver­geet­ba­re mid­del­ma­tig­heid.

Dink maar aan die Toyo­ta Corol­la en C­hev­ro­let Cru­ze: hul­le ver­koop der­dui­sen­de van dié kar­mark-kou­gom el­ke maand, maar dis nie juis mo­del­le wat jou pas­aan­ge­ër in die rooi gaan druk nie.

Die Ti­po (“ti­pe” of “soort” in I­ta­li­aans) is iet­wat ge­ne­ries in voor­koms en soos die seg­ment ver­eis, ge­ken­merk deur die ge­sins­vrien­de­li­ke sti­le­ring van ’n kel­kie mak­si­mum ver­beel­ding­loos­heid met ’n dun la­gie mi­ni­ma­le aan­stoot.

Die se­dan­weer­ga­we is be­sik­baar in Pop- en E­a­sy- ter­wyl jy ook die luik­rug in die top­vlak-Loun­ge-spe­si­fi­ka­sie kan be­stel. Daar is twee pe­trol­en­jins om van te kies, toe­ge­rus met on­der­skei­de­lik ’n ses­gang­hand­rat- en ou­to­ma­tie­se rat­kas.

On­ge­ag hul han­dels­merk­voor­keu­re, word hier­die mo­tors se kort­lys­te ge­ken­merk deur drie kri­te­ria: ruim­te, toe­rus­ting en waarde.

Op die oog af is die piz­za­ma­kers se re­sep met die Ti­po nom­mer­pas: klas­lei­den­de ka- juit- en ba­ga­sie­bak­ruim­te en heel­wat stan­daar­di­tems, soos Blu­e­tooth-en USB-kop­pe­ling, ’n band­druk­mo­ni­tor, bult­weg­trek­hulp en ’n hoog­te­ver­stel­ba­re stuur­wiel; al­les teen ’n ga­we prys.

Op­si­o­ne­le toe­rus­ting sluit in ou­to­ma­tie­se snel­heids­be­heer, par­keer­gon­sers, sat­nav en 16duim-al­looi­wie­le (met die in­tree-Pop moet jy maar te­vre­de wees met staal­wie­le).

Die Loun­ge bied by­ko­mend ook leer­af­wer­king, kli­maat­be­heer en 17-duim-al­looi­wie­le.

Bin­ne is die ka­juit prak­ties uit­ge­lê en al die kon­tro­les mak­lik be­reik- en ver­stel­baar. Die be­stuur­der se (ge­mak­li­ke) sit­plek is ook ver­stel­baar vir hoog­te.

Maar slaan jy jou oë op na die ho­ri­son, reik jy da­de­lik na jou son­bril, want selfs on­der ’n donkermaan word jy ver­blind deur die blink­ste en hard­ste plas­tiek­be­dek­king wat jy ooit ge­sien het.

Hier­die hon­de­bak-plas­tiek is van so ’n lae ge­hal­te dat nie die C­hi­ne­se of In­di­ërs dit in hul mo­tors sal oor­weeg nie. Kyk, al­mal weet hier­die is ’n mo­tor vir men­se met ’n twee­de ver­band op hul huis, maar lie­we va­der, Fi­at, ’n mens hoef nie dit nog in hul ge­sig­te ook te vryf nie.

Van daar af is dit af­draand. Of trou­ens wens jy vir een, want al­bei die 1.4- en 1.6-li­ter­mo­del is na­tuur­lik ge­as­pi­reer, wat be­te­ken op die Ho­ë­veld gaan die tur­bo­lo­se Ti­po ’n as­ma-aan­val kry so­dra hy die eer­ste bult sien.

Laai ’n ge­sin van vier en hul pak­kaas en kan jy maar ver­geet om verby twee­de rat te kom. Daar­die 127 Nm is ’n be­le­di­ging vir jou me­de­pad­ge­brui­kers en ’n ge­vaar as jy wil ver­by­steek: ’n Room­ys­wa het meer krag.

Neem jy in ag wat­ter ram­pe die Ti­po se voor­gan­gers soos die Pa­lio en Bra­vo was, te­sa­me met Suid-A­fri­ka­ners se in­ge­bo­re ag­ter­dog oor I­ta­li­aan­se (en Fran­se) mo­tors en hul pap her­ver­koop­waar­de, dan is dit min­der ver­ge­sog om te ver­wag dat die Kaap­se damme mô­re vol sal wees.

Moet jy dan nou jou rug op die Fi­at draai net soos jy nou vol­strek be­gin wei­er het om Spur toe te gaan? Ten bes­te is die Ti­po gang­baar.

Die Fi­at doen net nie ge­noeg om jou sie­ning van wat ’n ge­sins­mo­tor be­hoort te wees – of kan wees – te her­de­fi­ni­eer nie.

John­ny is nie dood nie is ken­ne­lik nie al­mal se fliek nie. Maar al sluit Jo­han­nes Ker­kor­rel af met die ver­doe­mend neer­slag­ti­ge “Don­ker, don­ker land”, stap jy tog uit die te­a­ter met die voor­uit­sig van hoop: Jy hoef nooit ’n Fi­at Ti­po te koop nie.

Want daar is al­tyd U­ber.

Die sti­le­ring van die nu­we Fi­at Ti­po lyk heel by­der­wets. Die k­lein tur­bo­die­sel is werk­lik lig op brand­stof, maar die twee pe­trol­en­jins gaan swaar trek op die Ho­ë­veld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.