Warm C­lio trap vas op SA paaie

Beeld - - Sport - Mar­nus Hat­tingh As jy in­klim On­der die en­jin­kap Hoe loop hy? Af­saal

In ’n woe­li­ge week in die plaas­li­ke mo­tor­be­dryf waar Ge­ne­ral Mo­tors die land ge­skud het met sy plan­ne om ná ’n ver­blyf van so­wat 90 jaar hom aan die land te ont­trek, het Re­nault ’n min­der swe­te­ri­ge di­rek­sie aan die me­dia voor­ge­stel.

Die e­ko­no­mie is pap, pry­se styg en ren­te­koer­se wil nie daal nie. Maar steeds het Re­nault daar­in ge­slaag om sy ver­ko­pe vir die eer­ste kwar­taal ster­ker te maak as in dié tyd ver­le­de jaar.

Dis ver­al die k­lein sport­nut­se wat die bes­te vaar. Sy San­dero vlieg by die ver­toon­lo­ka­le uit en die nu­we K­wid is uit­ver­koop.

Trou­ens, Re­nault sê as hy meer mo­del­le van In­dië kon kry sou hy dié ook kon ver­kwan­sel het.

Ja, In­dië, want die K­wid is op die sub­kon­ti­nent ont­werp vir daar­die mark, en word ook daar ge­bou. Goed­ko­per as in Eu­ro­pa.

Wat be­te­ken dit maak vir Re­nault Suid-A­fri­ka sin om hom na die land in te voer, teen­oor ’n eu­ro­ge­prys­de pro­duk.

Dit is dus waar Re­nault (in SA) se vo­lu­me­ver­ko­pe lê, en waar­op hy hom voort­aan gaan toe­spits. Waar pas die nu­we C­lio RS, wat pas in die land be­kend ge­stel is, dan in?

Ver­vaar­di­gers hou van ’n glans­mo­del. Die win­kel­pop in die venster. Die vuur­wa wat daar in die hoek by die ver­toon­lo­kaal kan staan wat jy weet min ko­pers gaan kan be­kos­tig, maar wat baie ky­ke gaan kry.

Iets wat men­se na die toon­vloer sal lok en die ton­ge aan die praat sal kry.

Twee weer­ga­wes van die RS is nou te kies. Daar is die ba­sie­se Lux en ’n def­ti­ger Trop­hy. Goed, def­ti­ger is ’n breë be­skry­wing. Die Trop­hy het ook en­ke­le me­ga­nie­se truuks ek­stra om sy ho­ër prys en ge­laai­de naam te reg­ver­dig.

Vi­su­eel lyk al­twee RS’e heel tref­fend. Daar is ’n diep, swart sier­roos­ter voor met net­jie­se LED-kol­lig­te on­der, op el­ke hoek.

Kyk na die fo­to’s, die kol­lig­te is in­der­waar­heid drie vier­kan­te wat in ’n ge­rui­te pa­troon ge­rang­skik is.

Nie net lyk dit nuut nie, el­ke lig het ook ’n be­paal­de rol. Die boon­ste lam­pie En­jin Rat­kas Prys be­lig na die kan­te toe as jy om ’n draai ry; die mid­del­ste lamp dien as mis­lig­te en die on­der­ste lamp is die hoof­straal wat saans 300 m ver kan skyn, teen­oor ge­wo­ne ha­lo­geen­lam­pe se 200 m.

Aan die kan­te van die RS is swart deur­hand­vat­sels en kant­spie­ëls, en ag­ter is ’n lug­snoer en twee vet, hoe­ki­ge uit­laat­py­pe. Bin­ne­langs is die Lux min­der luuks as wat sy naam sou voor­stel. Hy het slegs doek­stof as sit­plek­be­kle­ding, ter­wyl die Trop­hy met swart leer en net­jie­se rooi stik­werk uit­ge­rus is.

’n Vet sport­stuur­wiel met ’n rooi stre­pie op twaalf­uur en ’n k­lein raak­skerm in die voor­pa­neel vorm die hoog­te­pun­te voor die be­stuur­der.

Die raak­skerm is bie­tjie k­lein na ons smaak, maar be­vat ’n rits nuts­funk­sies soos ’n sat­na­v­stel­sel en rit­mo­dus­ver­stel­lings. In die Trop­hy bied die stel­sel ook ’n hand­vol “blad­sye” met ritin­lig­ting, soos tem­pe­ra­tu­re, druk­vlak­ke, ver­snel­lings­tye en krag­vlak­ke.

Jy kan dit na­tuur­lik ook op jou re­ke­naar af­laai en met jou vrin­ne deel. Al twee mo­del­le be­nut Re­nault se 1.6-li­ter-tur­bo. In die ba­sie­se Lux stoot dit 147 kW uit, ter­wyl be­ter lug­vloei in die Trop­hy (dank­sy ’n Akro­po­vic-uit­laat­stel­sel) vir ’n krag­vlak van 162 kW sorg.

W­ring­krag is vir al­bei 260 Nm, maar die Trop­hy het ’n ek­stra hup­stoot in vier­de en vyf­de rat – na 280 Nm – vir so 20 tel­lings.

’n Ses­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas, Re­nault S­port se dub­bel­kop­pe­laar­kas, stuur die krag na die voor­wie­le.

Daar is ook spa­ne ag­ter die stuur om van rat te ver­wis­sel, met nou ’n ga­we nuut­jie in die Trop­hy wat jou toe­laat om twee of drie rat­te op ’n slag af te rat deur net die spaan in­ge­trek te hou.

Al­bei mo­del­le het drie rit­mo­dus­se – Nor­mal, S­port en Ra­ce – waar jou pe­trol­pe­daal, rat­wis­se­ling en stuur­ak­sie pro­gres­sief sen­si­tie­wer raak. Die skok­bre­kers raak ook fer­mer. Dank die ster­re vir mo­der­ne skok­bre­kers waar­van die dem­ping van­dag deur ’n blik­brein in ’n kits aan­ge­pas kan word. In sy ge­wo­ne mo­dus sal die k­lein C­lio ef­fe skud­skud oor die pad ry. Maar tik jy hom oor na Ra­ce, voel jy el­ke los klip en hol­te in die teer. Dié knaap is vir Eu­ro­pe­se toe­stan­de ont­werp.

In S­port en Ra­ce het jy ’n heer­li­ke en­jin­grom met ’n ge­paard­gaan­de knet­ter en blaf as jy die voet van die pe­daal lig. Die toe­re sal ook ho­ër ge­raps word sou jy vin­nig af­rat. Jy wil la­ter net op en af in Hoof­straat ry en met die rat­te speel.

Dank­sy die goeie, ba­sie­se on­der­stel van die ge­wo­ne C­lio het die in­ge­ni­eurs ’n goeie ba­sis ge­had om mee te werk.

Die RS sit soos ’n mus­kiet om jou ore om el­ke draai. Ja, die ve­ring is te hard vir ons knop­pe­ri­ge paaie maar hy be­loon jou met ’n koers­vas­te rit en ge­wil­lig­heid om rot­tang­houe op die lyf te ont­vang. Hoe ver­ge­lyk hy met die Ford Fies­ta ST en die Volks­wa­gen Po­lo GTI? Sy prys is heel­wat duur­der, maar jou krag is da­rem meer as die Fies­ta s’n. Die Po­lo op sy beurt wen die krag­ver­ge­ly­king, maar het ook ’n gro­ter en­jin.

Die Fies­ta se rit is on­be­ris­pe­lik, maar dan bied die C­lio jou ’n fa­lanks teg­notruuks wat ver­al tot jong ko­pers sal spreek.

Dis dalk die bood­skap: Die Fran­se het vir ’n jong tei­ken­ge­hoor ge­mik, en tref hom in dié op­sig vol in die kol.

Re­nault se nu­we C­lio RS het ’n tref­fen­de ont­werp vir die neus – kyk net die groot ken­te­ken. Ons hou ook van die drie kol­lig­te on­der.

Vir ’n k­lein ses­tien­hon­derd draf die warm C­lio dat dit klap. Drie rit­mo­dus­ver­stel­lings help om jou stop­sels op hul plek te hou as die buurt se stra­te sleg is.

S­port­sit­plek­ke met rooi stik­werk, ’n vet stuur­wiel en ’n mo­der­ne raak­skerm ge­laai met ritin­lig­ting van e­ni­ge aard ver­wel­kom jou in die C­lio RS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.