GTC­ja­ers laat von­ke spat in Baai

Beeld - - Sport - Mo­tor­re­dak­sie

Dit het ’n vrou, ’n klas­sie­ke tyd­ren­mo­tor en ’n by­een­koms wat be­rug is vir die an­gel in sy stert ge­verg om die guns­te­lin­ge in die na­si­o­na­le tyd­ren­reeks die af­ge­lo­pe na­week in Se­cun­da te ont­troon.

Maar die Toyo­ta-staat­ma­kers Guy Bot­te­rill en sy na­vi­ga­tor, Simon Va­cy-Ly­le, kon nog­tans hul po­si­sie as al­ge­he­le voor­lo­pers in die na­si­o­na­le reeks met ’n be­skeie der­de plek in hul klas be­hou.

Die tyd­ren­kam­pi­oen­skaps­reeks sien van­jaar baie an­ders daar uit na­dat die vier­wiel­ge­dre­we S2000-mo­tors die trek­pas ge­gee is. In hul plek is nou voor­wiel­ge­dre­we 1.6-li­ter-mo­tors, maar e­nig­ie­mand met ’n tyd­ren­mo­tor mag aan die by­een­koms­te deel­neem. Hul­le kan net nie pun­te in die klas R2­stryd (vir “ge­wo­ne” tyd­ren­mo­tors) aan­te­ken nie.

Die ge­we­se Toyo­ta-na­vi­ga­tor El­vé­ne Coet­zee, die e­nig­ste vrou­e­tyd­ren­na­vi­ga­tor wat dié ti­tel al twee keer ge­wen het, was in die warm sit­plek van die klas­sie­ke Ford van Lee Ro­se van Le­so­tho wat goed na haar aan­wy­sings ge­luis­ter en die ren al­ge­heel ge­wen het.

Die vol­gen­de drie mo­tors was al­mal klas R2-mo­tors, met die ge­we­se Toyo­ta-ja­er Chris Coert­se en sy na­vi­ga­tor, Greg Go­drich, in hul nu­we Ma­z­da 2 – die eer­ste Ma­z­da R2 1.6-tyd­ren­mo­tor ter wê­reld – eer­ste in dié klas.

Hul­le is ge­volg deur Ri­chard Lee­ke jr. in sy Ford, met Bot­te­rill der­de.

Bot­te­rill-hul­le was Sa­ter­dag twee­de en het in die eer­ste twee snel­tra­jek­te ’n ag­ter­stand van drie se­kon­des in ’n voor­sprong van am­per ’n mi­nuut om­ge­ska­kel, maar wa­ter het hul­le ge- knie­hal­ter toe hul Ya­ris nie wou aan­ska­kel nie en hul­le twee mi­nu­te ver­loor het. Daar­na het ’n rat­kop­pe­ling hul­le 20 km in eer­ste laat aan­kruie, wat al­les saam tot hul der­de plek by­ge­dra het. “Maar pun­te vir der­de is be­ter as niks,” het Bot­te­rill dit op­ge­som. ) Die ge­wil­de nu­we ren­for­mu­le vir om­ge­bou­de pro­duk­sie­mo­tors, die GTC-reeks, en ’n string an­der ren­for­mu­les was die na­week op die Oos-Lon­den­se Grand P­rix-ren­baan aan die beurt, waar Suid-A­fri­ka se heel eer­ste For­mu­le Een Grand P­rix in die 1950’s plaas­ge­vind het.

Michael S­te­phen het in die GTC-ren­ne ’n dub­be­le se­ge in sy Au­di be­klink. Dit was die der­de ron­de van die reeks. Brad­ley Lie­ben­berg het die­self­de in die GTC2 ge­doen en so­doen­de die nu­we Mi­ni-renspan sy eer­ste se­ges be­sorg.

Twee ja­ers het die lou­e­re in die twee ron­des van die En­gen VW-be­ker­ren­ne ge­deel toe Jeffrey Kru­ger en De­vin Ro­bert­son om die beurt eer­ste oor die wen­streep is. ) Jo­na­than du Toit (Fer­ra­ri) het die eer­ste Ex­tre­me Su­per­cars-ren ge­wen, maar die Fer­ra­ri het in ren twee plek ge­maak vir Gi­an­ni Gi­an­noc­ca­ro om die oor­win­ning te be­klink.

De­an Vos (Ka­wa­sa­ki) het al twee T­hun­der­bi­ke-mo­tor­fiets­ren­ne ge­wen. ) Die Ex­tre­me-reeks ver­skuif nou na Zwart­kops in P­re­to­ria vir die vol­gen­de ron­de op 16 en 17 Ju­nie.

Fo­to: QUICKPIC

Da­niel Ro­we se VW Jet­ta spoeg vuur ty­dens die GTC­ren­ne. Ro­we het der­de in die twee­de ren klaar­ge­maak, maar ’n oor­tre­ding het ge­maak dat hy na ses­de ge­re­le­geer is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.