Bak plan Oud­Bok­ke loof Al­lis­ter

Wel spyt oor en­ke­les wat paal nie haal

Beeld - - Front Page - Ti­nus van S­ta­den

Tien uit tien, Toe­tie.

Ver­skeie oud-S­pring­bok­ke is baie te­vre­de met die Bok-groep wat die brei­er, Al­lis­ter Coet­zee, eer­gis­ter aan­ge­kon­dig het.

En ver­al sy be­sluit om die Leeus se agt­ste­man, War­ren W­hi­te­ley, as sy kap­tein aan te wys, het dié oud-Bok­ke liries.

“Al­lis­ter was slim, hy het spe­lers ge­kies wat tans ’n goeie spel­peil hand­haaf,” sê die voor­ma­li­ge Bok-los­ska­kel en -bin­ne­sen­ter Braam van S­traat­en.

Hy sê W­hi­te­ley het hom­self ook al as ’n uit­ste­ken­de kap­tein on­der­skei.

“Hy is be­slis die bes­te keu­se as kap­tein. Hy het hom­self be­wys by die Leeus. Hy is ’n wel­spre­ken­de ou, hy is goed met die me­dia en hy ver­toon puik on­der druk,” sê hy.

Van S­traat­en sê hy is baie bly oor die in­slui­ting van die Leeus se heel­ag­ter An­dries Coet­zee en die skrum­ska­kel Ross Cron­jé. Hy het wel een kwel­punt. “Die pro­bleem is: Wat gaan hul­le doen as El­ton (Jan­tjies, los­ska­kel) seer­kry? Dan moet hul­le ie­mand soos die Kings se Li­o­nel Cron­jé na­der trek, wat nie er­va­ring op dié vlak het nie.” Hy hoop ook die Bok­ke se be­oog­de speel­styl pas Jan­tjies.

“As El­ton be­perk gaan word, gaan dit ’n lang sei­soen vir hom wees. Hy moet vrye teu­els ge­gun word. Hy is ’n los­ska­kel wat ver­staan hoe om die voor­deel­lyn aan te val,” sê Van S­traat­en.

Die voor­ma­li­ge Bok-kap­tein en -los­voor­spe­ler Wyn­and Claas­sen glo Coet­zee het baie meer raak­ge­vat as wat ver­le­de jaar die ge­val was.

“Sy kap­tein is reg. War­ren se Su­per­rug­by-span is suk­ses­vol en al­mal kyk op na hom,” sê Claas­sen. “Ek is ook bly dat hy nie te veel bui­te­land­se spe­lers ge­kies het nie,” sê hy. Vol­gens hom is die in­slui­ting van Frans S­teyn en Fran­cois Hou­gaard, wat al­bei in die bui­te­land ge­se­tel is, wel goeie be­slui­te.

“Frans help met die pro­bleem op los­ska­kel en hy kan e­ni­ge plek in die ag­ter­lyn speel. Hou­gaard is ’n goeie s­pe­ler. Ek dink Ru­dy Paige is baie ge­luk­kig om daar te wees – hy is maar sta­dig. En dit is dalk waar Hou- gaard ’n op­los­sing kan bied,” sê die voor­ma­li­ge Bok-kap­tein.

Die ha­ker Mal­colm Marx b­ein­druk hom ook. “Ek is bly hy kry sy kans en dat Al­lis­ter nie vir Bis­marck (du P­les­sis) te­rug­ge­bring het nie. Marx is die ou vir die toe­koms.”

Hy er­ken ’n s­pe­ler soos die Haaie se Jean-Luc du P­reez was on­ge­luk­kig om nie die groep te haal nie. “Maar hy is nog jonk en sy kans gaan kom.”

Claas­sen sou vir Ja­co K­riel op oop­kant­flank en Du­a­ne Ver­meu­len op steel­kant­flank saam met W­hi­te­ley op agt­ste­man in ’n los­trio kies.

Nóg ’n oud-Bok­kap­tein, die slot Jo­hann Mul­ler, meen daar sal al­tyd ’n klomp spe­lers wees wat on­ge­luk­kig is om nie die span te haal nie. “Ou­ens soos die Du P­reez-boe­ties (Jean-Luc en Dan) speel baie goeie rug­by. Die Haai-stut T­ho­mas du Toit be­ïn­druk my ook baie, maar ge­luk­kig sal hy nou sy kans by die A-span kry,” sê Mul­ler. Vol­gens hom sou die Leeus-vleu­el Ru­an Com­brinck ook ’n goeie s­pe­ler wees om in die span te hê.

Mul­ler, wat lank vir die Haaie ge­speel het, is in sy nop­pies met W­hi­te­ley se aan­stel­ling as kap­tein. “Dit is ’n fan­tas­tie­se i­dee om hom kap­tein te maak. Toe ek klaar­ge­maak het by die Haaie, het hy net be­gin deur­kom by die A­ka­de­mie. Hy was al­tyd ’n ou wat uit­ge­staan het. Hy het ’n won­der­li­ke ka­rak­ter.”

Al­lis­ter Coet­zee

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.