Bak­kies raak nou bre­kers by Nam­po

Beeld - - Sport - Mo­tor­re­dak­sie

In A­pril het bak­kie­ver­ko­pe ’n sterk 24,4% van al­le voer­tuig­ver­ko­pe in Suid­A­fri­ka ver­teen­woor­dig.

’NBak­kie is ’n an­der ding. Aan die een kant is dit ’n plaas­im­ple­ment, en aan die an­der kant is dit ’n dorps­kar, hoe­wel dit ge­woon­lik twee ver­skil­len­de bak­kies is.

Met hier­die woor­de het die wen­ner van die A­gri SA / Toyo­ta SA Jong Boer van die Jaar so ’n paar jaar ge­le­de die boe­re­ge­meen­skap se liefde vir ’n bak­kie op­ge­som.

En by van­jaar se Nam­po-oes­dag in Bot­ha­vil­le in die Vry­staat was daar geen te­kort aan plaas- en dorps­bak­kies in die par­keer­ter­rein en op die skou­vloer nie.

Nis­san het se­ker­lik die mees­te aan­dag Mo­tors ge­trek, en want meer dit was die eer­ste keer dat die nu­we Nis­san Na­va­ra op Nam­po te sien was en dit is boon­op die eer­ste hoof­stroom­bak­kie wat met o­n­af­hank­li­ke ag­ter­ve­ring te koop aan­ge­bied word.

Met die koms van die nu­we Na­va­ra, wat tans net as 4x4-dub­bel­ka­juit te koop aan­ge­bied word, het Nis­san hom­self ge­ves­tig as die ver­vaar­di­ger met die wyd­ste reeks bak­kies op die mark.

Naas die Na­va­ra, wat met­ter­tyd in ver­skil­len­de bak­vorms en spe­si­fi­ka­sie­vlak­ke te koop aan­ge­bied sal word, bou en ver­koop die maat­skap­py ook die NP200half­ton-bak­kie, die NP3003 Hard­bo­dy en voer hy die Pa­trol-bak­kie in.

Nis­san het ver­skeie op­ge­kik­ker­de Na­va­ra-mo­del­le op die s­kou ge­wys, toets­rit­te op die 4x4-baan aan­ge­bied en ’n vol­groot­te mo­del van die ve­ring­stel- sel uit­ge­stal.

Dié mo­del het baie vrae van skou­gan­gers ont­lok wat wou weet hoe die Na­va­ra veel­ska­kel­ag­ter­ve­ring met ’n 1-ton-dra­ver­moë op die dub­bel­ka­juit kon kom­bi­neer.

Die nu­we Na­va­ra was ook die vlag­dra­er vir ’n nu­we ten­dens wat by feit­lik al die bak­kie­ver­vaar­di­gers te sien was.

Met sy be­kend­stel­ling het Nis­san al­te­sa­me 67 ver­skil­len­de by­kom­stig­he­de be­kend ge­stel wat al­mal deur ’n han­de­laar ver­koop en ook ge­mon­teer kan word.

Die lys sluit tra­di­si­o­ne­le by­kom­stig­he­de in, soos ’n rub­ber­laag in die laai­bak en ’n sleep­stang, maar het ook on­ver­wag­te i­tems soos sprei­lig­te, veld­ry­buf­fers, rots­stan­ge en on­der­stel­be­sker­ming.

Dié ti­pe by­kom­stig­he­de was in die ver­le­de slegs by spe­si­a­lis­win­kels te kry en die mon­te­ring het ge­woon­lik die voer­tuig se waar­borg be­ïn­vloed.

Feit­lik al die bak­kie­ver­vaar­di-

Die nu­we Nis­san Na­va­ra het heel­wat aan­dag ge­trek as die nuut­ste bak­kie op die s­kou. Die bak­kie is toe­ge­rus met veel­ska­kel­ag­ter­ve­ring wat sy pad­hou­ver­moë en rit­ge­hal­te ver­be­ter, maar wat steeds meer as 1 ton op die laai­bak kan han­teer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.