Te­sla spor­te ga­lop, het Ford lui­er

Beeld - - Sport -

Din­ge is glad nie te wel daar oor­kant in die land van bur­gers en ge­braai­de hoen­der nie.

Chrys­ler, Dod­ge en Jeep word mos dees­dae deur die I­ta­li­aan­se Fi­at be­sit. Nou het Ge­ne­ral Mo­tors vroe­ër die jaar ook sy O­pel-han­dels­merk aan Peu­ge­ot ver­koop, en pas sy aan­leg­te in In­dië en Suid-A­fri­ka ge­sluit.

Nou sien Knormoer dat Ford 10% van sy werks­mag in A­me­ri­ka en A­sië gaan be­snoei.

Dit kom op so 1 400 pos­te neer.

Knormoer ver­moed kos­te raak bui­te be­heer, ter­wyl in­kom­ste net nie meer sterk ge­noeg groei nie.

Dis ’n moei­li­ke si­tu­a­sie. Net suid­wes van De­troit is San Fran­cis­co waar Elon Musk sy Te­sla-bat­te­ry­mo­tors bou.

Met g’n mo­tor-her­koms naas­ten­by soos dié van Ford nie, het Musk as­of van nê­rens ge­kom en die aan­de­le­mark oor­rom­pel met sy Te­sla-han­dels­merk.

Dit is waar Ford tans die seer­ste kry: Te­sla-aan­de­le ga­lop ter­wyl For­d­aan­de­le tus­sen rat­te lui­er. ) Knormoer kan maar net die kop skud. ’n Ver­vaar­di­ger bou van­dag nie net meer mo­tors nie. Hy moet ook aan­deel­hou­ers te­vre­de stel. Ge­luk­kig vir Te­sla, on­ge­luk­kig vir De­troit.

DINS­DAG Die Yanks slaan te­rug

Ge­praat van die A­me­ri­ka­ners en die ge­suk­kel van hul ver­vaar­di­gers om hond haar­af op die ver­koops­vloer te maak.

’n Hof­saak is han­gen­de na­dat ’n ge­skil tus­sen die A­me­ri­kaan­se o­wer­he­de en Fi­a­tChrys­ler Au­to glo nie ten vol­le op­ge­los is na die o­wer­he­de se sin nie.

Die A­me­ri­ka­ners sê FCA het ’n kul­me­ga­nis­me in sy 3.0-li­ter-die­sels in­ge­bou.

So­wat 104 000 Jeep Grand C­hero­kees en Dod­ge Rams word hier­deur ge­raak.

Die Yanks sê die spe­si­a­le pro­gram­ma­tuur op die blik­brein was be­doel om uit­laat­toet­se te fnuik. Die I­ta­li­a­ners sê weer nee, die blik­brein wou net die en­jin be­skerm as hy hard moet werk (soos as jy ’n boot sleep).

Dit lyk nou of die spul­le­tjie me­kaar in die ho­we gaan ta­kel.

Sou die o­wer­he­de wen, kan FCA ’n boe­te van $45 000 per mo­tor op­ge­lê word.

Dis nog­al in­te­res­sant om die VW- en Fi­at-ge­val­le met me­kaar te ver­ge­lyk. Waar die Duit­sers da­de­lik op die swaard ge­val en als er­ken het, het die I­ta­li­a­ners als ont­ken. ) Knormoer glo glad nie aan JFK, Su­zie ’95 en an­der sa­me­swe­rings­te­o­rieë nie. Maar net toe die I­ta­li­a­ners die ban­krot Chrys­ler suk­ses­vol om­keer, word hul­le aan­ge­tree oor “kul­le­ry”. Nou toe nou.

VRY­DAG Die­se raps ge­heim­op die van hand ’n naam

Knormoer gaan in sy vol­gen­de le­we vir ’n MBA­graad in­skryf. Dan, ge­wa­pen met ’n ver­nuf­ti­ge ken­nis van Po­werPoint en ’n fa­lanks ge­val­le­stu­dies, gaan hy die ne­wel­wê­reld van die be­mar­kings­men­se be­tree.

Die nu­we Re­nault C­lio RS het twee af­wer­kings­vlak­ke: Lux, en Trop­hy. Lux, sou jy da­de­lik in jou on­skuld dink, be­te­ken hy is die def­ti­ge ene van die twee.

O nee, moe­nie laf wees nie. Die Lux is die vaal een van die twee. Die Trop­hy is def­ti­ger.

Wel, ter­wyl jy daar­die e­ne­tjie pro­beer ont­sy­fer, daar’s da­rem goeie nuus ook. Dit lyk of die ou Au­then­ti­que- en Dy­n­a­mi­que­be­skry­wings iets van die ver­le­de is. ) Dís nou som­mer man­je­fi­que.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.