Nu­we trop­lei­er

‘Groot eer om span soos Bul­le af te rig’

Beeld - - Front Page - Co­bus Claas­sen

Die e­nig­ste man wat al die All Blacks aan­ge­voer en af­ge­rig het, moet nou die Bul­le uit die moe­ras van ag­ter­uit­gang pro­beer red.

John Mitchell is aan­ge­stel om op Lof­tus Vers­feld sy red­dings­plan in te stel en neem in Ju­lie die af­rig­ters­lei­sels by Nol­lis Marais, hoof­af­rig­ter, oor.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het gis­ter­aand op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie op Lof­tus be­kend ge­maak die 53-ja­ri­ge Nieu-See­lan­der word die u­nie se rug­by­hoof.

Hy is tans die VSA se hoof- af­rig­ter en die BBM moes die laas­te tyd met dié land se rug­by­ba­se on­der­han­del om Mitchell se diens­te te be­kom.

Marais sal die span tot aan die ein­de van die Su­per­reeks af­rig.

Ba­rend van Graan, die BBM se uit­voe­ren­de hoof, het Mitchell as ’n groot aan­wins be­skryf.

“Ek glo hy sal baie waar­de op en van die veld af toe­voeg.”

Marais sal die Blou Bul­le die vol­gen­de paar sei­soe­ne in die Cur­rie­be­ker-reeks on­der han­de neem.

“John sal Nol­lis in Su­per­rug­by ge­bruik en hul­le sal saam die Bul­le se toe­koms uit­pluis.”

Van Graan het Marais be­dank vir sy by­drae.

“Nol­lis, jy was die laas­te paar we­ke on­der baie druk.

“Dat jy John se koms on­voor­waar­de­lik steun, ge­tuig baie van jou persoonlikheid en ka­rak­ter.

“Ek glo jy sal nog vo­ren­toe kam­pi­oen­span­ne af­rig,” het Van Graan ge­sê.

Mitchell het dit as ’n groot eer be­skryf om “’n tra­di­sie­ry­ke span soos die Bul­le af te rig”.

“Ek sal Lof­tus weer vol­ge­pak wil sien en die on­der­steu­ners ge­luk­kig maak.

“Daar wag har­de werk, maar ons gaan baie pret hê. Dit is op­win­den­de tye.

“Rug­by gaan oor self­ver­troue en ek dink die span suk­kel op die oom­blik daar­mee. Hier is on­ge­loof­li­ke ta­lent by die Bul­le.”

Mitchell is die Bul­le se der­de Su­per­rug­by-af­rig­ter se­dert 2015.

Marais het die lei­sels ge­kry na­dat Frans Lu­de­ke in Ju­nie 2015 in­ge­stem het om ná ’n te­leur­stel­len­de sei­soen te be­dank.

Die Bul­le het nie ver­le­de jaar – die eer­ste veld­tog on­der Marais – die uit­speel­ron­de in die Su­per­reeks ge­haal nie en het on­der­steu­ners dié sei­soen om­ge­krap met hul treu­ri­ge ver­to­nings.

Die voor­ma­li­ge kam­pi­oen­span kon tot nou nog net drie van sy 11 krag­me­tings wen en is Sa­ter­dag op El­lis­park met 51-14 deur die Leeus af­ge­ran­sel.

Mitchell, die All Blacks se brei­er met die Wê­reld­be­ker-toer­nooi in 2003, is een van die mees er­va­re af­rig­ters in wê­reld­rug­by.

Hy het al die C­hiefs, die We­stern For­ce en die Leeus in die Su­per­rug­by-reeks ge­brei.

Die Leeus het in 2011 die Cur­rie­be­ker vir die eer­ste keer in 12 jaar ge­wen.

Ken­ners meen Mitchell het des­tyds die grond­slag ge­lê vir die suk­ses wat die Jo­han­nes­burg­se span die laas­te paar sei­soe­ne be­haal het.

Hy het ook ’n re­pu­ta­sie dat hy nie skroom om die sweep met oor­ga­we te klap nie.

Mitchell is in 2012 by die Leeus weg na­dat hy skie­lik ge- skors is as hoof­af­rig­ter toe van die spe­lers ge­kla het oor die ma­nier waar­op hy hul­le be­han­del het.

Hy is in ’n tug­ver­hoor on­skul­dig be­vind en weer in sy pos aan­ge­stel, maar hy is kort daar­na vort om in En­ge­land te gaan af­rig.

Hy is ook vroe­ër uit Perth weg na­dat tal­le spe­lers van die For­ce teen hom in op­stand ge­kom het.

Mitchell was in 2015 die guns­te­ling om as die S­tor­mers se hoof­af­rig­ter aan­ge­stel te word, maar dié u­nie se rug­by­ba­se was uit­ein­de­lik nie be­reid om Mitchell se aan­stel­ling te be­krag­tig nie.

Hy is ver­le­de jaar as die VSA se hoof­af­rig­ter aan­ge­stel en was ver­on­der­stel om die Yanks tot en met 2019 se WB-toer­nooi af te rig.

Mitchell gaan eers­daags te­rug­keer na die VSA met die Eag­les wat Ier­land in Ju­nie in ’n toets­reeks pak. Hy sal ná sy dog­ter se troue in Nieu-See­land op 16 Ju­lie in P­re­to­ria aan­meld.

Die win­de van ver­an­de­ring het gis­ter sterk ge­waai by Lof­tus Vers­feld – en ter­wyl hy die nuus ver­werk dat die Nieu-See­lan­der John Mitchell van vol­gen­de maand af die sep­ter daar gaan swaai, moes Nol­lis Marais boon­op kop­krap oor die twee vleu­els wat mô­re teen die Hur­ri­ca­nes die blou trui gaan dra.

Die Blou Bul­le Maat­skap­py (BBM) het gis­ter­aand aan­ge­kon­dig dat Mitchell van­af Ju­lie hul hoof van rug­by sal wees. Marais sal die Bul­le tot aan die ein­de van die Su­per­reeks af­rig en sy aan­dag daar­na ver­skuif na die Cur­rie­be­ker-span.

Mitchell sal vol­gen­de jaar die lei­sels van die Su­per-span neem.

Voor die nuus van Mitchell se aan­stel­ling rug­baar ge­word het, het Marais gis­ter­mid­dag vyf ver­an­de­rings en ’n po­si­si­o­ne­le skuif aan­ge­kon­dig aan die span wat ver­le­de Sa­ter­dag op El­lis­park ’n rug­by­les deur die Leeus ge­leer is.

Die twee nu­we­ling-vleu­els, Ja­de S­tigh­ling en Rabs Max­wa­ne, is al­bei be­seer. Ook nie een van die Bul­le se voor­keur-vleu­el­paar, Jam­ba U­len­go en Tra­vis Is­mai­el, is be­skik­baar nie.

Dus sal Dun­can Mat­thews mô­re die der­de Bul­le-vleu­el wees wat die maand sy Su­per­rug­by-de­buut maak, en dit boon­op teen die All Black Ju­li­an Sa­vea.

Jes­se K­riel is nood­ge­dwon­ge ge­vra om die nr. 11-trui te dra.

Oor die ei­se wat die be­se­rings­pook die laas­te we­ke aan hom ge­stel het, was Marais ge­la­te.

“Dis maar moei­lik. Niks wat ek kan sê, gaan dit be­ter maak nie en ons sal dit wat ons kan be­heer, pro­beer be­heer so­ver ons kan,” het hy ge­sê.

Marais het ook te ken­ne ge­gee die span se ge­brek­ki­ge self­ver­troue is ’n al hoe gro­ter pro­bleem.

“As ons aan die be­gin van die sei- soen ak­ku­ra­ter was, sou ons self­ver­troue waar­skyn­lik baie be­ter ge­wees het.

“Daar is ook nou ’n paar be­se­rings wat ons by­voor­beeld dwing om Jes­se (K­riel) op vleu­el te kies.

“Ons het nou vier vleu­els die af­ge­lo­pe drie we­ke ver­loor en dit be­moei­lik sa­ke as jy kon­ti­nu­ï­teit wil be­hou. Dun­can vra my al lank wan­neer hy sy kans gaan kry en nou is hy twee dae weg daar­van om die droom te be­waar­heid,” het Marais ge­sê.

Die los­ska­kel Fran­cois Brum­mer is ook op die be­se­rings­lys en word deur Ti­an S­choe­man ver­vang.

In die agt­tal keer A­dri­aan S­trauss te­rug na­dat hy van ’n voet­be­se­ring her­stel het. Hy neem ook die kap­tein­skap by Han­ro Lie­ben­berg oor.

T­re­vor Ny­a­ka­ne suk­kel met ’n skou­er­be­se­ring en Ja­co­bie A­dri­aan­se sal in sy plek in die voor­ry sak.

S­trauss was ef­fe uit die veld ge­slaan toe hy ge­vra is oor die “doods­be­rig­te” wat die laas­te ruk oor hom in die me­dia ver­skyn het (met ver­wy­sing na be­spie­ge­ling dat sy loop­baan ein­de se kant toe staan).

“Ek het nie e­ni­ge doods­be­rig­te ge­lees nie. Dit is lek­ker om te­rug te wees en ek het die week goed saam met die span ge­oe­fen.”

Fo­to: DEAAN VIVIER

Nol­lis Marais, hoof­af­rig­ter van die Blou Bul­le, en John Mitchell, die Bul­le se nu­we rug­by­hoof, gis­ter­aand op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie by Lof­tus Vers­feld in P­re­to­ria.

Fo­to: GALLO IMAGES

Jes­se K­riel sal mô­re teen die Hur­ri­ca­nes op vleu­el vir die Bul­le speel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.