Pe­per­duur bul­hond van S­pan­je in­ge­voer

Beeld - - Front Page - – El­sje du Toit

’n Hon­de­te­ler het wéér skuld van R140 000 aan­ge­gaan om ’n spe­si­a­le hond by sy te­le­ry te laat aan­sluit.

Val­ley Bulls S­no­wey, ’n En­gel­se bul­hond, het skaars ’n week ge­le­de by Ja­c­ques Par­sons van die Sum­par-En­gel­se bul­hond­s­toet in Bloem­fon­tein aan­ge­kom.

“S­no­wey kom van die Val­ley Bull-hon­de­te­le­ry in S­pan­je wat as een van die bes­tes ter wê­reld ge­re­ken word,” sê Par­sons.

Par­sons het ook in 2013 op­slae ge­maak toe hy sy bul­hond­reun, I­ceg­lint I’m Wil­li­am Wal­la­ce, vir R100 000 van En­ge­land laat in­voer het. Hy het toe ook ’n huis­le­ning aan­ge­gaan.

Par­sons het agt bul­hon­de, waar­van Wil­li­am Wal­la­ce die e­nig­ste reun is.

“Die hon­de word nie toe­ge­laat om me­kaar te dek nie. Ons be- vrug hul­le met kuns­ma­ti­ge in­se­mi­na­sie.”

Een van Par­sons se k­lein bul­hond­jies sal jou tus­sen R16 000 en R25 000 kos.

Fo­to: AN­DRÉ DAMONS

Ja­c­ques Par­sons met sy twee in­ge­voer­de hon­de, Val­ley Bulls S­no­wey en I­ceg­lint I’m Wil­li­am Wal­la­ce.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.