Boe­te

R180 m. weens vas­stel van pry­se

Beeld - - Front Page - – Niel Jou­bert

DStv Me­dia Sa­les is met R180 mil­joen be­boet weens prys­vas­stel­ling.

Die maat­skap­py het er­ken dat hy pry­se en han­dels­om­stan­dig­he­de vas­ge­stel het en so­doen­de die Me­de­din­gings­wet oor­tree het, sê die Me­de­din­gings­kom­mis­sie.

DStv Me­dia Sa­les word deur Mul­tiC­hoi­ce be­sit en ver­koop kom­mer­si­ë­le lug­tyd en uit­saai­borg­skap­pe vir meer as 70 van DStv se be­taal­TV­ka­na­le, wat M­Net en Su­perS­port in­sluit.

In­ge­vol­ge ’n oor­een­koms tus­sen die kom­mis­sie en die maat­skap­py gaan die op­loop­ba­re re­me­die R180 mil­joen be­loop. Dit sluit ’n ad­mi­nis­tra­tie­we boe­te van R22 262 599 in.

Die saak han­del oor ’n on­der­soek wat in No­vem­ber ge­doen is en waar­in be­vind is dat ver­skeie me­di­a­maat­skap­pye deur Me­dia C­re­dit Co­Or­di­na­tors (MCC) oor­een­ge­kom het om soort­ge­ly­ke af­slag en be­ta­lings­voor­waar­des aan ad­ver­ten­sie­a­gent­skap­pe te bied wat ad­ver­ten­sies by le­de van die MCC plaas.

A­gent­skap­pe wat by die MCC ge­ak­kre­di­teer is, is af­slag van 16,5% aan­ge­bied vir be­ta­lings bin­ne 45 dae van­af die re­ke­ning, ter­wyl a­gent­skap­pe wat nie le­de is nie 15% aan­ge­bied is.

Die kom­mis­sie het be­vind dat dié prak­tyk me­de­din­ging be­lem­mer het om­dat hul­le nie on­af­hank­lik ’n e­le­ment van prys be­paal het in die vorm van af­slag of han­dels­voor­waar­des nie. Dit is prys­vas­stel­ling en die vas­stel­ling van han­dels­om­stan­dig­he­de en is ’n oor­tre­ding van die Me­de­din­gings­wet, sê die kom­mis­sie.

Die maat­skap­py gaan ook R8 mil­joen oor drie jaar aan die E­ko­no­mie­se Ont­wik­ke­lings­fonds be­taal om on­der meer die ont­wik­ke­ling te on­der­steun van swart be­heer­de k­lein me­dia­ of ad­ver­ten­sie­a­gent­skap­pe wat ka­pi­taal be­no­dig en het in­ge­stem om 25% ek­stra lug­tyd te bied vir el­ke rand lug­tyd wat kwa­li­fi­se­ren­de k­lein a­gent­skap­pe koop.

DStv Me­dia Sa­les, ’n fi­li­aal van Mul­tiC­hoi­ce, is be­boet weens prys­vas­stel­ling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.