Clas­si­cs is Groot

Cor­lea Bo­tha is net één van die trek­pleis­ters

Beeld - - Front Page -

1. Selfs Beet­ho­ven sou dink rock ’n roll is cool?

Clas­si­cs is Groot is al­les­be­hal­we o­pe­ra-a­ri­as en swaar par­ti­tu­re uit Beet­ho­ven se dae. Daar is iets van al­les. Dink jou dit in: ’n Wê­reld­klas-sim­fo­nie­or­kes wat top­kuns­te­naars soos Cor­lea Bo­tha, Touch of Class en selfs Black­by­rd se Tar­ryn Lamb be­ge­lei ter­wyl hul­le i­ko­nie­se tref­fers van on­der meer The Be­at­les, C­her en Qu­een en selfs ’n paar Dis­ney-tref­fers sing. Selfs Bach, Beet­ho­ven en Mo­zart sou dink dit is cool.

2. Ne­ge mil­joen

Dit is die aan­tal ke­re wat “O so­le mio” uit Clas­si­cs 2016 op YouTu­be ge­kyk is. Dit was ver­le­de jaar ’n reu­se­tref­fer by die kon­sert. A­mi­ra Wil­lig­ha­gen, die Ne­der­land­se sang­sen­sa­sie, het dit ge­sing. A­mi­ra het in 2013 Hol­land’s Got Ta­lent ge­wen en sy is weer te sie­ne by van­jaar se Clas­si­cs is Groot.

3. Ge­na­de on­be­skryf­lik groot

Dit is die e­mo­sie wat kon­sert­gan­gers er­vaar wan­neer A­mi­ra haar sang­ta­len­te ten toon stel. Sy sing on­der meer van­jaar ’n a­sem­be­ne­men­de weer­ga­we van “A­ma­zing Gra­ce”, waar­in sy deur ’n groep S­kot­se doe­del­sak­spe­lers be­ge­lei word. Maak jou­self reg vir hoen­der­vel, en bring die sne­sies. Jy gaan be­slis ’n traan of twee pink.

4. Die be­ken­de kan­de­laar in ‘P­hantom of the O­pe­ra’

Dit was die groot­ste re­kwi­siet in P­hantom, een van die be­kend­ste mu­siek­bly­spe­le tot nog toe. Wie weet? Mis­kien slaan die kan­de­laar ook aan die brand wan­neer die fan­toom sy op­wag­ting maak en vir Cor­lea op ’n on­heil­spel­len­de wy­se ver­lei.

5. Die Co­les­ke­‘ co­me­back’

“Ta­ke Me W­he­re the Sun Is S­hi­ning” en “My On­ly” het ge­sorg dat die Co­les­ke-broers in die laat 90’s wê­reld­wyd op­slae ge­maak het en selfs be­kend­heid op vreem­de bo­dem ver­werf het. “Ta­ke Me W­he­re the Sun Is S­hi­ning” was ’n nom­me­reen­tref­fer in 18 lan­de en het selfs die top­po­si­sie be­haal op die Eu­ro­pe­an Bil­l­bo­ard-tref­fers­pa­ra­des. Dis die eer­ste keer in baie ja­re dat die Co­les­kes weer op die ver­hoog te sien sal wees. Hul­le tree eks­klu­sief op by die Clas­si­cs is Groot-kon­ser­te.

6. F­red­die Mer­cu­ry

Far­rokh Bul­sa­ra, of­te­wel F­red­die Mer­cu­ry, was se­ker­lik een van die groot­ste stem­me en rock-gees­te van ons tyd. Die hoof­san­ger van Qu­een bly im­mer­groen en die A­me­ri­kaan­se san­ger Jo­seph Clark is in­ter­na­si­o­naal be­kend vir sy F­red­die Mer­cu­ry-hul­de­bly­ke. Hy is ook die hoof­spe­ler in Qu­een at the O­pe­ra en meer on­langs in Qu­een at the Bal­let. Jo­seph is van­jaar weer te sien in Clas­si­cs is Groot.

7. ‘S­wa­ne­meer’

Bal­let is een van die mees ge­so­fis­ti­keer­de kuns- en dans­vor­me in die wê­reld en van­jaar gaan lief­heb­bers van bal­let die ge­leent­heid ge­gun word om die pas de deux-uit­trek­sel te sien uit Tsjai­kof­ski se im­mer­groen S­wa­ne­meer. Die Jo­burg Bal­let Com­pa­ny se top­bal­le­ri­nas is van­jaar te sien by Clas­si­cs.

8. ‘Sound of Si­len­ce’

Met hul weer­ga­we van hier­die Simon & Gar­fun­kel-tref­fer het Touch of Class in 2016 in die har­te van me­ni­ge mu­siek­lief­heb­ber ge­kruip. Ru­han du Toit se ras­per­stem dwing re­spek af. Hy en De­on van der Mer­we gaan van­jaar ’n haas uit die hoed pluk met ’n u­nie­ke weer­ga­we van ’n ou El­vis P­res­leytref­fer. Ru­han lei dan ook die be­ken­de And­rea Bo­cel­li-en-Ce­li­ne Di­on-nom­mer “The Pray­er” saam met die beeld­sko­ne Mo­ni­que S­teyn – nog ’n lied waar­na kon­sert­gan­gers van­jaar by Clas­si­cs is Groot kan uit­sien.

9. Die sim­fo­nie­or­kes

On­der lei­ding van die di­ri­gent Ed­die Clay­ton kan ge­ho­re weer eens uit­sien om 30 lied­jies te hoor wat be­ge­lei word deur ’n groot sim­fo­nie­or­kes. In Clas­si­cs is Groot kom 40 mu­si­kan­te op die ver­hoog by­een om saam mu­siek te maak. Dit stem oor­een met die ver­skyn­sel in die A­me­ri­kaan­se en Eu­ro­pe­se mu­siek­be­dryf wan­neer soort­ge­ly­ke kon­ser­te aan­ge­bied word. Clas­si­cs be­loof vir Suid-A­fri­kaan­se ge­ho­re ’n ge­leent­heid om die krag van ’n sim­fo­nie­kon­sert te er­vaar – iets wat dees­dae nie so al­ge­meen voor­kom nie. Selfs die be­roem­de Sui­d­A­fri­kaan­se pi­a­nis C­harl du P­les­sis maak ’n ver­sky­ning in van­jaar se kon­sert.

10. Die im­pak

Die Clas­si­cs is Groot-DVD was een van 2016 se top­ver­ko­pers on­der ver­le­de jaar se plaas­li­ke uit­rei­kings. Dit was vier maan­de op ver­skeie top­tien-lys­te en het ook pla­ti­num­sta­tus be­haal. Die uit­sen­ding daar­van op kykNET het ook bui­ten­ge­wo­ne re­ak­sie ont­lok. Die DVD het selfs die bui­te­land be­reik, met brie­we wat in­ge­stroom het van so­ver soos Los An­ge­les, Lon­den en Syd­ney, waar men­se die kon­sert ge­loof het vir die hoë stan­daard en die ten­toon­stel­ling van plaas­li­ke ta­lent.

) Clas­si­cs is Groot word op Vry­dag 23 Ju­nie en Sa­ter­dag 24 Ju­nie om 19:30 in die Mo­re­le­ta­park­ou­di­to­ri­um aan­ge­bied. Kaart­jies is aan­lyn be­skik­baar by Tic­ke­tPro en kaart­jies kos van R350 tot R625. Bly op die hoog­te van Clas­si­cs is Groot­nuus op die Fa­ce­book­blad Clas­si­cs is Groot en op T­wit­ter @Clas­si­csIsGroot.

Cor­lea Bo­tha op ver­le­de jaar se Clas­si­cs is Groot­kon­sert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.