Brown be­oog on­der­soek

Beeld - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die om­vat­ten­de on­der­soek na kor­rup­sie en staat­skaping in E­s­kom wat Lyn­ne Brown, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, in­ge­stel het, gaan met­ter­tyd uit­ge­brei word na al die staats­on­der­ne­mings on­der haar be­heer.

Brown het gis­ter aan­ge­kon­dig al­le steen­kool­kon­trak­te wat E­s­kom on­der lei­ding van B­ri­an Mo­le­fe toe­ge­ken het, ook dié aan die Gup­ta-fa­mi­lie, gaan weer on­der die ver­groot­glas ge­plaas word.

Dit sal deel vorm van ’n vol­skaal­se on­der­soek by die e­lek­tri­si­teits­ver­skaf­fer na be­we­rings van kor­rup­sie en staat­skaping se­dert 2007.

Dit sal in sa­me­wer­king met die spe­si­a­le on­der­soek­een­heid (SOE) en ’n af­ge­tre­de reg­ter ge­doen word.

Al se­we ver­slae wat E­s­kom se di­rek­sie oor be­weer­de kor­rup­sie laat op­stel het, as­ook adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), se “S­ta­te of Cap­tu­re”-ver­slag, sal hier­by in­ge­sluit word.

Be­ne­wens die de­par­te­men­te­le on- der­soek sal daar ook ’n par­le­men­tê­re on­der­soek wees wat die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings oor E­s­kom en Mo­le­fe se her­aan­stel­ling wil laat doen.

Die DA het ook die hoog­ge­regs­hof ge­vra om Mo­le­fe se her­aan­stel­ling ter­sy­de stel.

In ant­woord op vrae oor be­we­rings dat Mo­le­fe en dr. Ben N­gu­ba­ne, voor­sit­ter van E­s­kom se di­rek­sie, dalk met be­wy­se kan peu­ter, het Brown ge­sê sy is nie van plan om hul­le te skors han­gen­de die uit­slag van die on­der­soek nie.

Brown het met haar aan­kon­di­ging op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie gis­ter ge­sê haar de­par­te­ment stel tans die op­drag vir die on­der­soek op en sy kan nie sê wan­neer die on­der­soek sal be­gin nie.

“Daar is tal­le be­we­rings van kor­rup­sie en daar is reeds se­we af­son- der­li­ke ver­slae oor kor­rup­sie wat deur die E­s­kom-di­rek­sie ge­han­teer is.”

Sy wil al se­we die ver­slae in sa­me­wer­king met die SOE laat her­sien om­dat dié een­heid sy eie fo­ren­sie­se ou­di­teurs en on­der­soe­kers het.

“Wat ook nut­tig sal wees, is om ’n af­ge­tre­de reg­ter te kry om al­les te sin­chro­ni­seer so­dat ons dui­de­li­ke aan­be­ve­lings kan kry oor pre­sies hoe ons dit ver­der moet voer.”

Die be­oog­de on­der­soek sal baie wy­er as die OB se ver­slag oor staat­skaping strek.

“Dit moet ’n on­der­soek wees wat in we­se fo­kus op ver­kry­gings­pro­ses­se en an­der kwes­sies wat in die o­pen­ba­re do­mein is.

“Die kwes­sie vir my is om ’n deeg­li­ke, diep­te-on­der­soek na staats­on­der­ne­mings, maar spe­si­fiek E­s­kom, te doen. Dit sal ook al­le steen­kool­kon­trak­te in­sluit.”

Hoe­wel die on­der­soek tans op E­s­kom fo­kus, wil sy al­le be­we­rings van kor­rup­sie en staat­skaping in al­le staats­on­der­ne­mings on­der haar be­heer laat on­der­soek.

Pra­vin Gord­han, voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies, het van­dees­week in die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor o­pen­ba­re on­der­ne­mings ge­sê ’n mi­nis­ter hoef nie op pres. Ja­cob Zu­ma te wag om, soos wat Ma­don­se­la aan­be­veel het, ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping aan te stel nie.

Fo­to: LUCKY NXUMALO

Lyn­ne Brown

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.