DA­lei­er uit Zam­bië ge­skop, geen re­des ver­strek

Beeld - - Nuus - Ü­gen Vos

M­mu­si Mai­ma­ne, DA-lei­er, is gis­ter toe­gang tot Zam­bië ge­wei­er.

Hy wou die hoog­ver­raad­ver­hoor van Ha­kain­de Hi­chi­le­ma, lei­er van die op­po­si­sie in Zam­bië, gaan by­woon.

Gra­ham C­har­ters, Mai­ma­ne se woord­voer­der, sê die Zam­bie­se o­wer­heid het Mai­ma­ne by sy aan­koms gis­ter om­streeks 18:30 op die Ken­neth Kaun­da-lug­ha­we in Lu­sa­ka in­ge­wag en hom fi­siek uit die vlieg­tuig ge­dwing. “Hul­le het mnr. Mai­ma­ne se sel­foon ge­kon­fis­keer en dit baie dui­de­lik ge­maak dat hy nie wel­kom in die land is nie en op die eer­ste be­skik­ba­re vlug te­rug na Suid-A­fri­ka ge­pos sal word,” het C­har­ters ge­sê.

Vol­gens C­hal­mers was daar ’n “fi­sie­ke kon­fron­ta­sie” tus­sen die Zam­bie­se o­wer­heid en Mai­ma­ne se af­vaar­di­ging.

Hul­le wou nie vir hom sê hoe­kom hy on­wel­kom is nie.

Vol­gens C­hal­mers was daar ’n “ge­span­ne at­mos­feer” ter­wyl amp­te­na­re van die Suid-A­fri­kaan­se de­par­te­ment van in­ter­na­si­o­na­le be­trek­kin­ge en sa­me­wer­king so­wat 40 mi­nu­te lank met die Zam­bie­se o­wer­he­de pro­beer re­de­neer het.

“Die de­par­te­ment het on­der die om­stan­dig­he­de al­les in sy ver­moë ge­doen om die si­tu­a­sie te ont­lont.

“Ons glo die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring het al­les moont­lik on­der die om­stan­dig­he­de ge­doen, maar as jy na die gro­ter prent­jie kyk, is dit dui­de­lik dat ons be­leid oor in­te­gra- sie in die Sui­der-A­fri­kaan­se Ont­wik­ke­lings­ge­meen­skap be­vraag­te­ken moet word,” het C­hal­mers ge­sê.

Clay­son Mo­ny­e­la, woord­voer­der van die de­par­te­ment, sê die de­par­te­ment se han­de was on­der die om­stan­dig­he­de af­ge­kap.

“Ons sal die saak deur di­plo­ma­tie­ke ka­na­le han­teer en die Zam­bie­se hoë kom­mis­sa­ris in Sui­d­A­fri­ka vra om dié land se re­de­na­sie aan ons te kom ver­dui­de­lik,” het Mo­ny­e­la gis­ter­aand ge­sê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.