We­du­wee E­li­ze By­le­veld kry bood­skap­pe van o­ral

Beeld - - Nuus - – Ni­co Gous

E­li­ze By­le­veld sê haar hart is ge­breek oor die dood van haar man, die voor­ma­li­ge baas­speur­der Piet By­le­veld.

Hy is Woens­dag in die Wil­ge­heu­wel-hos­pi­taal in Roo­de­poort dood.

“My hart is aan stuk­ke,” het sy gis­ter op Fa­ce­book ge­skryf.

Haar moei­li­ke tyd­perk het reeds be­gin waar­in sy moet aan­gaan son­der Piet, “my skat­te­bol, my le­wens­maat”.

“Daar is al reeds ’n groot leem­te wat hy laat, maar ek weet vir se­ker hy is rus­tig en ge­luk­kig waar hy nou by On­se He­mel­se Va­der is.”

E­li­ze sê sy het bood­skap­pe van­uit al­le oor­de ge­kry.

“Graag wil ek uit die diep­ste van my hart dan­kie sê aan elk­een wat vir my ’n bood­skap ge­stuur het, het­sy op Fa­ce­book, Fa­ce­book Mes­sen­ger, W­hat­sApp of SMS, op­roep of stem­bood­skap.”

Piet is aan­vank­lik Don­der­dag 9 Maart in die hos­pi­taal op­ge­neem. Kan­ker is die vol­gen­de dag by hom ge­di­ag­no­seer.

Sy sus­ter, E­li­ze Louw, het gis­ter ge­sê die be­graf­nis­re­ë­lings is nog ge­tref nie.

Sy sê die fa­mi­lie moet nog be­sluit of die pu­bliek die be­graf­nis sal kan by­woon.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Piet en E­li­ze By­le­veld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.