Zu­ma wil met ko­mi­tee ‘de­ba­kels’ ver­my

Beeld - - Nuus - – L­le­wel­lyn P­rin­ce

Pres. Ja­cob Zu­ma het ’n in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le ko­mi­tee aan­ge­stel wat moet ver­se­ker dat die B­ri­an Mo­le­fe­de­ba­kel by E­s­kom nooit in e­ni­ge staats­on­der­ne­ming her­haal word nie.

Die ka­bi­net het dié aan­kon­di­ging gis­ter ge­doen ná Woens­dag se twee­week­lik­se ka­bi­nets­ver­ga­de­ring.

Die ka­bi­net het sy kom­mer uit­ge­spreek oor die nuut­ste ver­wik­ke­lin­ge by E­s­kom, waar Mo­le­fe as uit­voe­ren­de hoof her­aan­ge­stel is.

“Die pre­si­dent het ’n in­ter­mi­nis­te­ri­ë­le ko­mi­tee, be­staan­de uit die mi­nis­ters van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, e­ner­gie en fi­nan­sies as­ook jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te aan­ge­stel.

“Dié ko­mi­tee is ver­soek om al die fei­te in te sa­mel om die ka­bi­net te lei oor hoe om sul­ke aan­ge­leent­he­de in die toe­koms te han­teer.”

Adv. Mi­cha­el Ma­su­tha, mi­nis­ter van jus­ti­sie en kor­rek­tie­we diens­te, is die sa­me­roe­per van die ko­mi­tee.

Lui­dens die ver­kla­ring is die be­sluit ge­neem met die we­te dat Mo­le­fe se her­aan­stel­ling tans in die hoog­ge­regs­hof en in die par­le­ment oor­weeg word, en die ka­bi­net “sal dié pro­ses­se re­spek­teer”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.