‘Ma sien hoe byl gaan tref’

Mar­li ba­klei vir haar le­we – dok­ter

Beeld - - Nuus - Jana B­rey­ten­bach

Ru­di van B­re­da het die byl moont­lik sien kom en sy kop pro­beer be­dek. Hy het waar­skyn­lik nog ’n ruk lank ge­leef, want hy het bloed ge­sluk.

Sy sus­ter, Mar­li, toe 16 jaar oud, het dui­de­lik hard ge­veg om aan die le­we te bly, want sy het tal­le ver­de­di­gings­won­de op­ge­doen, het dr. Daphné An­tho­ny, die fo­ren­sie­se pa­to­loog wat die lyk­skou­ing op die Van B­re­da’s ge­hou het, gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad ge­tuig.

An­tho­ny het die kap­won­de wat Ru­di (22) en sy ou­ers, Mar­tin (54) en Te­re­sa (55), op­ge­doen het, in groot be­son­der­he­de be­skryf.

Ru­di het twee groot kap­won­de aan sy kop ge­had wat met “groot ge­weld” toe­ge­dien is. Hy het ook ’n ver­de­di­gings­wond aan sy lin­ker­pin­kie ge­had.

Mar­tin is ook van ag­ter ge­kap. Hy het geen ver­de­di­gings­won­de ge­had nie.

Ru­di en Mar­tin het al­bei bloed in die maag ge­had.

Daar sou vol­gens An­tho­ny net bloed in hul maag ge­wees het as hul­le nog kon sluk, wat ’n aan­dui­ding is dat hul­le nog ’n tyd lank ge­le­we het.

Te­re­sa het vol­gens An­tho­ny na haar aan­val­ler ge­kyk toe sy met die byl in die voor­kop ge- kap is. Sy het ver­de­di­gings­won­de aan haar reg­ter­duim ge­had, ver­moe­de­lik om­dat sy haar ge­sig wou be­skerm.

Sy is eg­ter taam­lik gou dood, want geen bloed is in haar lon­ge of maag ge­vind nie.

Hen­ri van B­re­da, die jong­ste seun in die ge­sin, het gis­ter ty­dens An­tho­ny se ge­tui­e­nis met sy kop ge­boë in die be­skul­dig­de­bank ge­sit.

Hy het aan die be­gin van die ver­rig­tin­ge ge­vra of hy ag­ter in die ge­tui­e­bank kan sit so­dat hy die fo­to’s van die lyk­skou­ings nie hoef te sien nie.

Ná die tee­pou­se het hy ’n ruk lank op die trap in die be­skul­dig­de­bank ge­sit. Net die boon­ste deel van sy kop was sig­baar.

Hy ont­ken dat hy sy broer en ou­ers ver­moor en sy sus­ter pro­beer ver­moor het. Hy voer aan dat ’n in­bre­ker sy ge­sin op 27 Ja­nu­a­rie 2015 in hul huis op die land­goed De Zal­ze bui­te S­tel­len­bosch aan­ge­val het.

In ’n sta­di­um het reg­ter Si­raj De­sai vir adv. Pie­ter Bo­tha, ge­vra waar sy kli­ënt is. Bo­tha het om­ge­draai en na Van B­re­da ge­kyk. Hy het toe op­ge­staan en in die be­skul­dig­de­bank gaan sit.

Die staat het ook fo­to’s van Mar­li se be­se­rings aan An­tho­ny ge­wys.

Sy het ge­sê Mar­li het baie ver­de­di­gings­won­de, wat daar­op dui dat sy in ’n erns­ti­ge stru­we­ling ge­wik­kel was om te oor­leef.

Die kap­won­de aan Mar­li se kop is soort­ge­lyk aan dié van die oor­le­de­nes, het sy ge­sê. Die staat wou by An­tho­ny weet waarom Mar­li die aan­val kon oor­leef.

Sy het ge­sê fak­to­re soos Mar­li se ou­der­dom en die hoe­veel­heid bloed wat sy ver­loor het, het ’n rol ge­speel.

An­tho­ny het ge­tuig Ru­di was die eer­ste slag­of­fer. Hy is in sy bed ver­moor. Daar­na is Mar­tin ver­moor en toe Te­re­sa.

Bo­tha het An­tho­ny in kruis­on­der­vra­ging ge­vra of dit moont­lik is dat Mar­tin sy be­se­rings op­ge­doen het toe hy die aan­val­ler in ’n soort rug­by­tackle ge­pak het en die aan­val­ler hom toe met die byl ag­ter die kop en op sy rug kon tref. An­tho­ny het dit toe­ge­gee. Ná haar ge­tui­e­nis het ’n bin­ne­ver­hoor be­gin oor die toe­laat­baar­heid van Van B­re­da se ver­kla­ring.

Die ver­de­di­ging voer aan dat hy as ’n ver­dag­te be­han­del is en nooit oor sy reg­te ge­waar­sku is nie. Hy het ook nie ’n regs­ver­teen­woor­di­ger teen­woor­dig ge­had toe sy ver­kla­ring af­ge­lê is nie.

Die staat sê Van B­re­da is as ’n ge­tuie ge­han­teer en nie ’n ver­dag­te nie.

Die ver­hoor word Maan­dag her­vat.

Fo­to’s: JACO MARAIS

Hen­ri van B­re­da gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad waar hy aan­ge­kla word van die moord op sy ou­ers, Mar­tin en Te­re­sa, en broer, Ru­di, as­ook van po­ging tot moord op sy sus­ter, Mar­li.

Dr. Daphné An­tho­ny

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.