Vroue wat be­steel is, dink ver­dag­te speel vir Bul­le

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Met sy hoe­ki­ge ka­ke­been en ge­spier­de bo­lyf was dit se­ker ver­staan­baar dat som­mi­ge vroue oor Ja­c­ques Art­hur Ma­lot ge­swy­mel het.

Die streek­hof in P­re­to­ria het gis­ter ge­tui­e­nis aan­ge­hoor van vroue wat hom ge­glo het toe hy glo ver­tel het hy speel vir die Blou Bul­le rug­by.

Uit die tye dat hy hul waar­de­vol­le i­tems lui­dens die klag­staat ge­steel en ver­pand het, blyk dit dat Ma­lot (31) taam­lik gou van een vrou na die vol­gen­de is.

Lui­dens die klag­staat het Ma­lot in Ok­to­ber 2013 ju­we­liers­wa­re van on­ge­veer R950 000 ge­steel by Bro­wns – The Di­a­mond S­to­re, waar hy as ver­koops­kon­sul­tant ge­werk het.

Ni­co­let­ta Kon­stan­da­kopou­los, ’n voor­ma­li­ge kol­le­ga, het gis­ter ge­tuig kort na­dat die ju­we­liers­wa­re ver­dwyn het, het Ma­lot aan haar ge­sê hy gaan gou bad­ka­mer toe.

“Hy het uit die win­kel ge­loop en nooit te­rug­ge­kom nie.”

Ma­lot is in Ju­lie 2014 aan­ge­keer. Hy is toe ook aan­ge­kla van dief­stal uit die ka­mers van men­se wat saam met hom ge­lo­seer het.

In ’n ver­kla­ring in sy borg­to­gaan­soek sê hy: “Ek het ook rug­by ge­speel vir die Eag­les-klub in P­re­to­ria, wat val on­der die Blou Bul­le Rug­by­u­nie, en is op ’n wed­stryd­geld­grond­slag be­taal.”

Ma­lot is in A­pril 2015 op borg­tog vry­ge­laat.

En toe het hy ver­dwyn, lui hof­do­ku­men­te.

Hy is ver­le­de jaar weer in heg­te­nis ge­neem en nog twee aan­klag­te van dief­stal is by die klag­staat ge­voeg.

Ter­wyl hy op borg­tog vry was, het hy Al­ri Pot­gie­ter en Cat­her­i­ne Hill glo be­steel.

Ma­lot ont­ken skuld op al vyf aan­klag­te van dief­stal.

Sy pro­ku­reur, Hein­rich Mol­den­hau­er, het ge­sê Ma­lot sal op drie van die aan­klag­te er­ken dat hy van die goe­de­re ge­steel het, maar nie dat dit van die waar­de is wat die staat aan­voer nie.

Hill het ge­tuig Ma­lot het haar ver­tel hy is ’n ma­ke­laar en speel vir die Blou Bul­le.

Sy het la­ter be­sef haar di­gi­ta­le ka­me­ra is weg.

Pot­gie­ter het ge­tuig sy het Ma­lot op ’n af­spraak­web­werf leer ken. In A­pril het hy haar ge­kon­tak. Hy het glo “al sy ka­pi­taal en spaar­geld” weens ’n slegte be­leg­ging ver­loor.

“Vol­gens hom het hy oor­see rug­by gaan speel, sy ver­dien­ste daar­uit be­lê en al­les ver­loor,” het Pot­gie­ter ge­tuig.

Hy het glo aan haar ge­sê hy speel vir die Bul­le in die Cur­rie­be­ker-li­ga en sou die geld wat hy haar skuld, be­taal so­dra hy sy sa­la­ris ein­de A­pril kry.

Daar het eg­ter niks van ge­kom nie en Pot­gie­ter het la­ter aan Ma­lot ge­sê hy is nie meer wel­kom on­der haar dak nie.

Dit was toe dat sy be­sef het van haar be­sit­tings is weg.

Ma­lot bly in aan­hou­ding tot­dat sy ver­hoor la­ter voort­gaan.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Ja­c­ques Ma­lot ten ty­de van ’n rug­by­wed­stryd.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.