Pro­ku­reur in hof oor ‘be­drog en ver­val­sing’

Beeld - - Nuus - A­let Jou­bert

’n Pro­ku­reur en oud­land­dros van M­bom­be­la (Nel­spruit) het na be­we­ring ver­vals­te land­dros­hof­stem­pels laat maak, haar per­so­neel op­drag ge­gee om hand­te­ke­nin­ge te ver­vals en ver­vals­te loon­be­slag­be­ve­le uit­ge­reik.

Ma­griet Bo­tha (55) van Ma­griet Bo­tha-pro­ku­reurs het gis­ter in die streek­hof in M­bom­be­la op 71 aan­klag­te van be­drog, dief­stal, ver­val­sing en uit­gif­te ver­skyn.

Ao. Ri­chard Mp­hep­he­te, on­der­soek­be­amp­te van die Val­ke, sê die geld­waar­de van die be­weer­de oor­tre­dings moet nog be­paal word.

Die staat be­weer sy het ’n mon­de­lin­ge oor­een­koms met ’n mi­krof­i­nan­sier mis­bruik om haar­self te ver­ryk.

Die aan­kla­er, adv. Pa­trick N­ku­na, het aan die hof ge­sê die be­weer­de oor­tre­dings het op die lap­pe ge­kom toe ’n kli­ënt van Bo­tha om ’n hoog­ge­regs­hof­be­vel teen haar aan­soek ge­doen het.

Die kli­ënt, Vin­cent Mei­ring van Si­ja­bu­li­le Fi­nan­ce, ’n mi­kro­le­ner, het die hoog­ge­regs­hof ge­vra om Bo­tha te dwing om die lê­ers van men­se aan wie sy maat­skap­py le­nings toe­ge­staan het te­rug te gee.

Vol­gens die staat het Mei­ring en Bo­tha vroe­ër ’n oor­een­koms ge­sluit dat sy hom sou help om sy k­li­ën­te se ag­ter­stal­li­ge skuld in te vor­der.

Die staat voer aan dat Bo­tha selfs hof­stem­pels ver­vals en haar per­so­neel aan­ge­sê het om die hand­te­ke­nin­ge wat no­dig is vir loon­be­slag­be­ve­le te ver­vals.

Die geld wat só van Si­ja­bu­li­le se k­li­ën­te be­kom is, het Bo­tha self ge­bruik, voer die staat aan.

Bo­tha is nie ge­vra om te pleit nie en die ver­rig­tin­ge is tot 3 Au­gus­tus uit­ge­stel vir ver­de­re on­der­soek.

Sy is op waar­sku­wing vry­ge­laat en mag nie met die ge­tui­es in aan­ra­king kom nie.

Sy moet die on­der­soek­be­amp­te kon­tak voor­dat sy uit M­pu­ma­lan­ga reis.

Coert Jor­daan, haar regs­ver- teen­woor­di­ger, het ge­sê sy kli­ënt het geen be­swaar teen die voor­waar­des nie en dat sy van die be­gin af haar sa­me­wer­king aan die on­der­soe­kers ge­gee het.

Fo­to: A­LET JOU­BERT

Ma­griet Bo­tha ver­laat die land­dros­hof in M­bom­be­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.