Mom­berg: Nog ’n dok­ter sal sê

Beeld - - Nuus - Je­a­nel­le G­rey­ling

’n Dok­ter gaan vol­gen­de week in die streek­hof in Rand­burg ge­tuig oor die gees­tes­ge­sond­heid van die ei­en­doms­a­gent Vicki Mom­berg.

Sy staan te­reg op vier aan­klag­te van cri­men in­ju­ria na­dat sy glo op 3 Fe­bru­a­rie 2016 ’n po­li­sie­be­amp­te en min­stens vier te­le­foon­o­pe­ra­teurs van die Gau­teng­se 10111-nood­hulp­lyn be­le­dig het.

Yu­suf Ba­ba, die staats­aan­kla­er, het Maan­dag ge­sê ’n me­die­se ver­slag van Mom­berg se dok­ter dui aan sy was in staat om tus­sen reg en ver­keerd te on­der­skei.

Mom­berg het met Ba­ba ver­skil. Vol­gens haar sê die ver­slag juis sy ly aan ’n stres­ver­wan­te toe­stand en dat sy on­toe­re­ken­baar is vir die uit­la­tings wat sy meer as ’n jaar ge­le­de teen­oor ver­skeie po­li­sie­be­amp­tes ge­maak het na­dat sy die slag­of­fer van gryp­dief­stal was.

Sy ont­ken skuld op die aan- klag­te en voer nie­pa­to­lo­gie­se on­toe­re­ken­baar­heid as ver­weer aan. Sy hou vol die aan­mer­kings was nie spe­si­fiek op die kla­ers ge­mik nie.

Mom­berg se regs­ver­teen­woor­di­ger, adv. Joe Da­wi­do­witz, het gis­ter in die hof ge­sê die ver­de­di­ging gaan ’n an­der kun­di­ge in­roep om oor haar gees­tes­ge­sond­heid te ge­tuig.

Mom­berg het Maan­dag ge­tuig sy kan nie ont­hou wat sy dié aand aan die po­li­sie­be­amp­tes ge­sê het nie.

“Ek kan sien ek het die uit­la­tings ge­maak. Ek kan nie spe­si- fiek ont­hou wat ek ge­sê het nie, maar as jy my die vi­deo wys, kan ek dit nie ont­ken nie.”

Ba­ba het ’n vi­deo-op­na­me ge­speel wat wys hoe Mom­berg ’n po­li­sie­kon­sta­bel on­der meer “’n nut­te­lo­se k****r” en ’n “black bas­tard” noem.

Die hof het in Maart ook ge­luis­ter na klank­op­na­mes waar­in sy min­stens vier o­pe­ra­teurs van die 10111-nood­hulp­lyn be­le­dig.

Sy het aan­ge­voer sy het des­tyds aan pos­t­trau­ma­tie­se stres­ver­steu­ring ge­ly, wat ver­er­ger het toe sy die slag­of­fer van gryp­dief­stal was.

“Ek werk daag­liks met swart men­se. Ek het nie dié aand ver­wag om so oor hul­le te voel nie.”

Ba­ba het uit­ge­wys dat sy ver­skeie ge­beu­re van die aand ont­hou. “Dit lyk of jy ’n se­lek­tie­we ge­heue het om aan­ty­gings teen jou te ver­my,” het hy ge­sê.

Mom­berg het ge­sê sy ont­hou die lo­gie­se si­tu­a­sies, maar nie die “on­lo­gie­se ge­beu­re” nie.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Vicki Mom­berg

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.