‘Ek het ge­piek,’ ju­bel SA vrou

Haar ma huil oor Sa­ray wat siek word

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Wil­mien van der Mer­we het die piek van Everest gis­ter­og­gend be­reik, maar Sa­ray K­hu­ma­lo se droom om die eer­ste swart vrou uit A­fri­ka te word wat dié pres­ta­sie be­haal, is vir eers aan sker­we.

Van der Mer­we (35) is so­ver be­kend die vier­de Suid-A­fri­kaan­se vrou wat Everest oor­win.

“Sy het ons van ’n sa­tel­liet­foon ge­bel en ge­sê: Pa, ek het ge­piek,” het haar oor­stelp­te pa, Ma­nie, gis­ter van­uit Zeerust ver­tel.

“Ek het skoon aan die be­we ge­gaan.”

Hul­le het ’n week van­te­vo­re laas kon­tak ge­had.

“Wil­mien het ge­sê toe hul­le die piek be­reik, was dit wind­stil en het die son nét op­ge­kom.

“Voor dit is hul­le deur hel, waar die wind vir nag­te aan­een hul ten­te plat ge­waai het.

“Wil­mien het ver­tel haar sjer­pa het tot Boed­dha ge­bid en sy vir ons He­re.”

Van der Mer­we, ’n eks­plo­ra- sie­ge­o­loog van Post­mas­burg, was gis­ter­mid­dag nog op pad te­rug na die ba­sis­kamp.

Dit was haar twee­de po­ging om die piek te be­reik. Sy moes dit in Mei 2015 laat vaar weens die ver­nie­ti­gen­de aard­be­wing in Ne­pal.

Van der Mer­we se sus­ter, Ja­ni­tha, sê die fa­mi­lie is baie ver­lig dat sy vei­lig is.

“Ons fa­mi­lie, selfs dié in Nieu-See­land en Aus­tra­lië, bid al die af­ge­lo­pe twee maan­de (se­dert sy Ne­pal toe is) vir haar.”

K­lim­mers oe­fen ’n paar we­ke na­by Everest se ba­sis­kamp om te ak­kli­ma­ti­seer voor­dat hul­le die tog na die hoog­ste berg­piek ter wê­reld pak. Hul­le moet tem­pe­ra­tu­re van tot -30 ° C en win­de van tot 340 km/h trot­seer.

Van der Mer­we se ma, Het­tie, sê sy het nog “ge­sit en won­der” oor haar kind en “ge­huil oor Sa­ray” toe die op­roep kom dat sy die piek be­reik het en vei­lig is.

K­hu­ma­lo (45) is gis­ter­og­gend in ’n red­dings­he­li­kop­ter van die berg na ’n hos­pi­taal in Kat­man- doe in Ne­pal ge­neem.

Sy het weens bloot­stel­ling aan die ui­ters gu­re weer ge­sond­heids­pro­ble­me be­gin on­der­vind, sê Sa­rie­ta S­chultz, haar woord­voer­der.

Ver­skeie men­se, on­der an­de­re haar sjer­pa, Na­wang Ten­zing, het ge­help om haar na Everest se sui­de­li­ke kloof te neem en van daar te­rug na kamp twee.

S­chultz sê K­hu­ma­lo was van kamp vier na Everest se piek op pad toe sy pro­ble­me met haar ge­sond­heid be­gin on­der­vind het en ge­red moes word.

K­hu­ma­lo moes reeds vroe­ër van­dees­week na kamp vier te­rug­keer toe sterk wind op pad na die piek dit on­moont­lik ge­maak het om ver­der te klim.

Kamp vier is by­na ’n ki­lo­me- ter van die piek.

Sy het met haar klim­tog­te al ge­noeg geld in­ge­sa­mel om bi­bli­o­te­ke vir min­der­be­voor­reg­te kin­ders te bou.

Sy is in Zam­bië ge­bo­re en is met ’n Suid-A­fri­ka­ner ge­troud. Hul­le het twee seuns.

Van­jaar was haar der­de po­ging om die Suid-A­fri­kaan­se vlag op Everest te gaan plant.

35 Suid-A­fri­ka­ners het Everest se piek al be­reik. Drie of vier van hul­le is vroue.

Wil­mien van der Mer­we in 2015 op Everest toe sy haar po­ging om die piek te be­reik moes laat vaar na­dat ’n aard­be­wing Ne­pal ge­tref het. Sy het toe ten ba­te van die or­ga­ni­sa­sie Pe­aks for Kidz ge­klim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.