Tronk wag dalk ná gy­sel­dra­ma

Brand ook ge­stig; 32 in ar­res in NW­dorp

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die op­roe­ri­ges wat die bur­ge­mees­ter van die Dit­so­bot­la-mu­ni­si­pa­li­teit in Lich­ten­burg en ’n lyf­wag Woens­dag­nag as gy­se­laars aan­ge­hou het, sal waar­skyn­lik in die tronk be­land.

Al­te­saam 32 men­se is gis­ter vroeg­og­gend in heg­te­nis ge­neem na­dat hul­le Da­niel But­he­le­zi, die bur­ge­mees­ter, eindelik laat gaan het.

Die raad­saal is aan die brand ge­steek en die aan­gren­sen­de kan­toor van die spea­ker is ook be­ska­dig.

Pi­us Bat­si­le, woord­voer­der van die mu­ni­si­pa­li­teit, sê dit is dui­de­lik die op­roe­ri­ges het hul da­de be­plan, want hul­le het pe­trol by hul­le ge­had.

Die 32 ver­skyn van­dag in die land­dros­hof in Lich­ten­burg op aan­klag van men­se­roof, brand­stig­ting en po­ging tot moord.

’n Se­ni­or aan­kla­er met ja­re ho­fer­va­ring sê sul­ke aan­klag­te word nor­maal­weg in ’n streek­hof aan­ge­hoor en dat tronk­straf op el­ke aan­klag sterk oor­weeg kan word.

“Om ie­mand van sy vry­heid te be­roof, word in ’n baie erns­ti­ge lig be­skou. Tus­sen vyf en tien jaar tronk­straf kan hier­voor op­ge­lê word.

“Brand­stig­ting is ook baie erg om­dat die brand­stig­ter, on­ge­ag die uit­ein­de­li­ke ska­de, be­doel het om eien­dom te ver­nie­tig. In hier­die ge­val sal be­las­ting­be­ta­lers eindelik hier­voor moet op­dok.

“Po­ging tot moord is ook ui­ters erns­tig. Hier het die brand­stig­ters hul­le met die ge­dag­te ver­een­sel­wig dat ie­mand weens die brand kan sterf.”

Bat­si­le sê die in­wo­ners wat in heg­te­nis ge­neem is, is al­mal ver­moe­de­lik van wyk 3 in die Boi­k­hut­so-towns­hip na­by Lich­ten­burg.

“Die bur­ge­mees­ter het Maan­dag in die towns­hip met hul­le ver­ga­der om die be­gro­ting en ont­wik­ke­lings­plan te be­spreek. Hul­le is on­te­vre­de om­dat al die ont­wik­ke­lings­pro­jek­te nie in hul wyk plaas­vind nie en wou Woens­dag weer met die bur­ge­mees­ter ver­ga­der.”

Bat­si­le sê dié ver­ga­de­ring is met ge­slo­te deu­re in die mu­ni­si­pa­le ge­bou ge­hou.

“Die men­se het la­ter ge­wei­er dat die bur­ge­mees­ter (en sy lyf­wag) die ge­bou ver­laat. Hul­le het daar­op aan­ge­dring dat an­der be­stuur­ders in die mu­ni­si­pa­li­teit en raads­le­de ook kom. Dit is dui­de­lik hul­le het al­les be­plan, want hul­le het pe­trol by hul­le ge­had.”

Vol­gens Bat­si­le word ’n sport­sen­trum in die be­trok­ke wyk ge­bou.

“Ons werk ook aan paaie daar, maar dié in­wo­ners wil hê al­le ont­wik­ke­lin­ge moet net in hul wyk plaas­vind. Dit kan mos nie.”

Die brand­weer kon die brand wat op­roe­ri­ges Woens­dag­mid­dag laat in die mu­ni­si­pa­le ge­bou in Lich­ten­burg ge­stig het, blus voor­dat dit na die res van die ge­bou ver­sprei het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.