ANC kri­ties oor Jhb se be­gro­ting

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Die be­gro­ting van die Jo­han­nes­burg­se me­tro­raad vir die vol­gen­de boek­jaar is nie per­fek nie, maar dit sal help om ’n be­ter le­we te skep vir die stad se “ar­mes en ver­ge­te men­se”.

So het dr. Ra­be­la­ni Da­ga­da, DA-bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir fi­nan­sies, gis­ter met die be­gro­tings­de­bat in die raad ge­sê.

Die be­gro­ting is met die steun van die DA se ko­a­li­sie­ven­no­te en die EFF, die DA se “stra­te­gie­se ven­noot”, goed­ge­keur.

Die be­dryfs­be­gro­ting be­dra R47,3 mil­jard en die ka­pi­taal­be­gro­ting R8,6 mil­jard. Die ANC het daar­teen ge­stem. Parks Tau, ANC-lei­er in die raad en die vo­ri­ge bur­ge­mees­ter, het ge­sê die be­gro­ting is nie ge­ba­lan­seerd nie en weer­spie­ël nie die be­hoef­tes van die in­wo­ners nie.

“Die ANC het voor­stel­le oor die be­gro­ting ge­doen, maar daar is nie daar­na ge­luis­ter nie, al woon 65% van die stad se in­wo­ners in ANC-wy­ke.

“Jul­le maak aan­spraak daar­op dat 60% van die be­gro­ting na arm ge­bie­de gaan. Dit is nie waar nie.”

Oor kri­tiek van die DA oor die wy­se waar­op die ANC die stad vroe­ër be­stuur het, het Tau ge­sê: “Voor­dat jul­le na spo­ke be­gin soek, kyk eers in die spie­ël.”

Ge­of­frey Mak­hu­bo, wat in die vo­ri­ge ANC-be­heer­de ad­mi­nis­tra­sie die bur­ge­mees­ters­ko­mi- tee­lid vir fi­nan­sies was, het ge­sê die DA “pluk die vrug­te van die ANC se suk­ses”.

“Toe ek na die be­gro­tings­toe­spraak ge­luis­ter het, het dit ge­klink of die stad (Jo­han­nes­burg) net uit in­for­me­le ge­bie­de be­staan.

“Dit is dui­de­lik jul­le ver­staan nie die men­se na­mens wie jul­le sê jul­le praat nie,” het Mak­hu­bo ge­sê.

In re­ak­sie op kri­tiek van die ANC het Da­ga­da ge­sê die DA-be­heer­de ad­mi­nis­tra­sie het “die goeie en die slegte” van die vo­ri­ge ANC-ad­mi­nis­tra­sie ge­ërf.

“Nie al­les wat die ANC ge­doen het, was sleg nie.”

Hoe­wel die EFF die be­gro­ting ge­steun het, het Mu­sa No­vela, EFF-lei­er in die raad, ge­sê ge­meen­skap­pe moet ’n gro­ter rol speel in die be­pa­ling van die pri­o­ri­tei­te wat aan­dag moet kry.

Die pro­bleem van werk­loos- heid in die stad word nie in die be­gro­ting ge­ta­kel nie.

“Dit moet ’n pri­o­ri­teit wees,” het No­vela ge­sê.

Die EFF wil ook hê kli­nie­ke moet in die toe­koms 24 uur per dag oop wees en die arm­stes moe­nie vir wa­ter be­taal nie.

Mar­ga­ret Ar­nolds van die A­fri­can In­de­pen­dent Con­gress het ge­sê daar word net voor­sie­ning ge­maak “vir die ryk­stes en die arm­stes, maar nie vir die men­se in die mid­del nie”.

Fo­to: SA­REL VAN DER WALT

Dr. Ra­be­la­ni Da­ga­da (met die blou baad­jie), DA­bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir fi­nan­sies in Jo­han­nes­burg, gis­ter aan die woord in die me­tro­raad se be­gro­tings­de­bat in die raad­saal in Braam­fon­tein. Aan sy lin­ker­kant sit Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.