Jo­han­nes­bur­gers kry dalk twee re­ke­nin­ge

Beeld - - Nuus - Sa­rel van der Walt

Jo­han­nes­burg­se huis­hou­dings kan moont­lik van­dees­maand twee mu­ni­si­pa­le re­ke­nin­ge ont­vang ná groot pro­ble­me met dié stad se re­ke­ning­stel­sel ver­le­de maand.

Her­man Mas­ha­ba, DA-bur­ge­mees­ter, sê in ’n ver­kla­ring so­wat 412 000 mu­ni­si­pa­le re­ke­nin­ge is nie uit­ge­reik nie en 97 000 an­der was fou­tief.

Mas­ha­ba sê daar is moont­lik ge­me­ne spel be­trok­ke.

“Dit is ’n ge­ou­to­ma­ti­seer­de stel­sel wat nog nooit voor­heen ’n pro­bleem van dié om­vang ge­had het nie. Daar­om glo ek daar is met die stel­sel ge­peu­ter.”

Hy vra so­wel die Jo­han­nes­burg­se me­tro se wets­toe­pas­sings­af­de­lings as die stad se ku­ber­mis­daad­een­heid om die saak te on­der­soek.

“Die in­kom­ste wat ons op dié wy­se ge­ne­reer, ver­teen- woor­dig 84% van ons be­gro­ting. Die ge­vol­ge van die ver­tra­ging in die in­vor­de­ring van in­kom­ste kan erns­ti­ge ge­vol­ge vir ons kon­tant­vloei in­hou,” sê Mas­ha­ba.

Daar word pro­beer om die pro­bleem sou gou moont­lik op te los en se­ker te maak die re­ke­nin­ge wat ver­keerd was, word reg­ge­stel.

“Dit kan daar­toe lei dat som­mi­ge huis­hou­dings van­dees­maand twee re­ke­nin­ge kan ont­vang. Ons vra om ver­sko­ning vir die ver­war­ring wat dit ver­oor­saak.”

Mas­ha­ba het nie ge­sê waarom twee re­ke­nin­ge aan som­mi­ge huis­hou­dings ge­stuur gaan word nie.

Hy ver­se­ker Jo­han­nes­bur­gers die saak kry “op die hoog­ste vlak” aan­dag. ) Die raad het gis­ter hul­de ge­bring aan Syd­ney Ra­de­be, ’n ANC-raads­lid wat Son­dag aan ’n hart­aan­val dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.