Hul­le sluit Fa­ce­book­blaaie ná ne­ga­tie­we kom­men­taar

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die ge­sin van die pro­fes­si­o­ne­le jagter wat ver­le­de week in Zim­bab­we deur ’n o­li­fant­koei dood­ge­val is, het ver­skeie doods­drei­ge­men­te ont­vang.

T­heu­nis Bo­tha (51) se ge­sin wil nie eens die re­ë­lings vir sy be­graf­nis be­kend maak nie om­dat hul­le bang is dit word ont­wrig.

Sy lyk het gis­ter uit H­wan­ge in Zim­bab­we in T­za­neen aan­ge­kom.

Bo­tha en ’n groep jag­ters het pro­bleem­o­li­fan­te bui­te H­wan­ge gaan skiet. Hy is ver­le­de Vry­dag in G­wayi in H­wan­ge op slag dood toe ’n o­li­fant­koei, wat ’n jag­maat dood­ge­skiet het, op hom ge­val het.

“Die be­graf­nis­re­ë­lings is ge­tref, maar ek wil lie­wer niks be­kend maak nie,” sê Marike Louw (26), een van Bo­tha se dog­ters.

Haar ma, Ca­ri­ke, drie sus­ters en broer kry bit­ter swaar, sê sy.

Die ge­sins­le­de het hul Fa­ce­book-blaaie ge­sluit om­dat hon­der­de men­se baie ne­ga­tie­we kom­men­taar ge­le­wer het op die ma­nier waar­op Bo­tha dood is en dat hy o­li­fan­te ge­jag het.

Louw het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê die ge­sin is ook oor­val met hul­de­bly­ke van Bo­tha se voor­ma­li­ge k­li­ën­te en vrien­de van oor die wê­reld heen. Hul­le het bood­skap­pe van mee­ge­voel van Rus­land, Eu­ro­pa, Aus­tra­lië en die VSA ont­vang.

Sy sê haar pa was in ’n “baie sen­si­tie­we be­roep” en baie men­se is nou ver­oor­de­lend daar­oor.

Tim S­chultz, ei­e­naar van Ku­rondo Sa­fa­ri’s wat ’n lid van Bo­tha se jag­ge­sel­skap was, het Son­dag ge­sê hul­le het deur baie dig­te bos ge­stap toe hul­le skie­lik deur ’n teel­tro­p­o­li­fan­te met baie kal­wers om­ring is.

O­li­fant­koeie het op die jag­ters af­ge­storm en Bo­tha het waar­sku­wing­sko­te na drie van hul­le ge­vuur.

’n Vier­de koei het die jag­ters van die kant af be­storm. Een van die jag­ters in die ge­sel­skap het haar ge­skiet. Sy het dood neer­ge­slaan en op Bo­tha te lan­de ge­kom.

Louw sê haar pa was se­dert 1990 ’n pro­fes­si­o­ne­le jagter en het al in ver­skeie lan­de ge­jag.

Hy was ’n pi­o­nier wat jag­hon­de ge­teel en in jag­tog­te ge­bruik het en was wê­reld­wyd be­kend daar­voor.

“Hy het sy hon­de as deel van sy ge­sin groot­ge­maak. Hy het oor die af­ge­lo­pe 30 jaar hon­de ge­teel vir A­fri­ka se ja­g­om­stan­dig­he­de. Hy het die laas­te tyd ook groot wel­slae be­haal met die teel en op­lei­ding van hon­de wat re­nos­ter­stro­pers kan uit­snuf­fel.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.