Wel­doe­ners maak hart oop vir sa­ma­ri­taan

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Wel­doe­ners het in min­der as twee uur saam R100 000 ge­skenk om te sorg dat ’n man wat al­tyd reg is om an­der te help ook goeie me­die­se sorg kan kry na­dat hy erns­tig be­seer is in ’n on­ge­luk.

Die sken­kings vir Frans Hugo (38) van Ot­tos­dal in Noord­wes stroom steeds in, selfs van oor­see.

Meer as R300 000 is nou al vir sy be­han­de­ling ge­skenk, sê Jen­ny van Vuur­en, ’n vrien­din van die fa­mi­lie.

Hugo se bak­kie het Dins­dag om­streeks 06:00 na­by Ot­tos­dal teen ’n vrag­mo­tor ge­bots. Hy was soos el­ke og­gend na ’n ge­beds­ge­leent­heid op pad voor­dat hy wer­kers sou gaan op­laai, sê Van Vuur­en.

Dit het om­trent ’n uur ge­neem om hom uit die wrak te sny.

Hugo het bloe­ding op die brein en sy lon­ge, hart en le­wer is be­seer. Van sy rib­be is ge­kraak en sy sleu­tel­been en lin­ker­arm is ge­breek.

Van Vuur­en sê Hugo, wat wind­pom­pe her­stel, se in­kom­ste is nie groot ge­noeg om ’n me­die­se fonds te kan be­kos­tig nie. Hy en sy vrou, Ma­de­lein, het twee kin­ders, Jaco (14) en Mi­kay­la (10). Die ge­sin woon op ’n plaas na­by Ot­tos­dal.

“Frans help an­der al­tyd ten kos­te van hom­self,” sê Van Vuur­en. “Hy het in 2015 ’n W­hat­sApp-nood­lyn­groep vir die Ot­tos­dal-om­ge­wing ge­skep. Dit het nou so ge­groei dat ons nou drie groe­pe het.

“Frans is al­tyd eer­ste daar om te help – of dit nou met ’n mis­daad, ’n on­ge­luk, bran­de of vee­dief­stal is. Heel­wat ge­steel­de ska­pe is al dank­sy hom te­rug­ge­kry.”

Nou is die men­se se har­te en beur­sies ook vir Hugo oop. Op die on­ge­luks­to­neel Dins­dag het ie­mand R3 000 kon­tant aan die am­bu­lans­man ge­gee om as de­po­si­to by ’n pri­va­te hos­pi­taal te be­taal.

Die Wil­med­park-hos­pi­taal in K­lerks­dorp het by Hugo se aan­koms laat weet nog R100 000 is no­dig vir o­pe­ra­sies en sy ver­sor­ging in die waak­een­heid.

“Ek het die bood­skap hier­oor Dins­dag­og­gend 10:24 op ons groe­pe uit­ge­stuur,” sê Van Vuur­en. “Net ná 12:00 is R100 000 in­be­taal.”

Hugo het in­tus­sen ’n o­pe­ra­sie aan die ge­breek­te arm on­der­gaan en ’n toe­stel is in sy brein ge­plaas om die bloe­ding en swel­ling dop te hou.

“Die swel­sel op sy brein het al be­gin sak,” sê Van Vuur­en. “Hy her­stel so goed dat dok­ters die me­di­ka­sie be­gin ver­min­der.”

Sy ver­do­wing kan dalk van­dag al ge­staak word.

In­tus­sen re­ël Par­rot­sSA ’n vei­ling waar­van die op­brengs aan Hugo ge­skenk sal word, sê Van Vuur­en.

Frans Hugo

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.