UP en Ne­ha­wu skik oor 2 ei­se

Op­tre­de ge­ëis oor ‘ras­sis­tie­se’ e­pos

Beeld - - Nuus - Sim­vuy­e­le Ma­ge­za News24.

Die vak­bond Ne­ha­wu eis op­tre­de teen ’n per­so­neel­lid van die U­ni­ver­si­teit van P­re­to­ria (UP) wat in e-pos skryf ál die UP se swart per­so­neel­le­de staak.

Dit is bla­tan­te ras­sis­me. Wit, bruin en swart men­se neem aan die staking deel, sê Nt­sa­ko Nom­be­la­ni, Ne­ha­wu se or­ga­ni­seer­der vir ho­ëron­der­rig­in­stel­lings, be­rig

Die e-pos plaas vol­gens hom ’n dem­per op die UP se po­gings om te trans­for­meer.

News24 het be­ves­tig dat die deel­ne­mers van ver­skil­len­de ras­se is.

Gis­ter het die sta­kers en die u­ni­ver­si­teits­be­stuur op twee van die ei­se oor­een­ge­kom.

Aan­vank­lik het Ne­ha­wu ’n gro­ter keu­se ge­ëis van die me­die­se fond­se waar­toe hul­le kan behoort, as­ook ’n 8%-sa­la­ris­ver­ho­ging en ’n jaar­lik­se bo­nus.

Die u­ni­ver­si­teit het net ’n 7%-sa­la­ris­ver­ho­ging en ’n een­ma­li­ge bo­nus van R3 000 aan­ge­bied.

Nom­be­la­ni het gis­ter­mid­dag laat ge­sê hul­le het oor­een­ge­kom dat wer­kers op pos­graad 5 tot 10 ’n 7%-sa­la­ris­ver­ho­ging kry en dié op pos­graad 11 tot 17 ’n 7,5%-ver­ho­ging.

Hul­le kry ook ’n een­ma­li­ge bo­nus van R3 000, maar Ne­ha­wu dring steeds op ’n jaar­lik­se bo­nus aan.

Nom­be­la­ni sê daar is be­sluit om ’n ma­ke­laar aan te wys wat moet help met die keu­se van me­die­se fond­se.

“Maar ons teken niks tot­dat ons weet wat met die bo­nus­se ge­beur nie,” sê Nom­be­la­ni.

On­ge­veer 50 men­se het gis­ter bui­te die kam­pus be­toog. Hul­le sê hul­le sal “so lank no­dig” staak en be­toog.

Die UP het nie gis­ter da­de­lik op navrae ge­re­a­geer nie.

Fo­to: SIM­VUY­E­LE MA­GE­ZA

Ne­ha­wu­le­de gis­ter bui­te die UP­kam­pus.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.