Skool ver­eis nie meer dié be­wys

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Ou­ers hoef nié ’n be­wys van in­diens­ne­ming in te dien voor­dat hul kin­ders tot die Kemp­ton Park P­ri­ma­ry S­chool toe­ge­laat sal word nie, sê die Gau­teng­se on­der­wys­de­par­te­ment.

Die skool het van­te­vo­re op sy aan­soek­vorm ge­vra dat al­bei ou­ers van ’n aan­soe­ker be­wys van in­diens­ne­ming in­dien.

Mantoa Selepe, ’n ge­meen­skaps­ak­ti­vis wat ook ’n kind by die skool wil in­skryf, het ver­le­de maand ’n klag daar­oor by die de­par­te­ment aan­han­gig ge­maak.

“Dit is on­reg­ver­dig en on­ge­loof­lik dis­kri­mi­ne­rend teen­oor werk­lo­se men­se. Dit skend ook ’n min­der­ja­ri­ge se ba­sie­se reg op toe­gang tot on­der­wys en skend die reg op pri­vaat­heid van die ou­ers,” sê Selepe.

Ou­pa Bo­di­be, waar­ne­men­de woord­voer­der van die on­der­wys­de­par­te­ment, het be­ves­tig dat geen ou­er no­dig het om ’n be­wys van in­diens­ne­ming in te dien voor­dat ’n leer­ling tot die skool toe­ge­laat sal word nie.

Prof. El­da de Waal, on­der­wys­reg­ken­ner aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit se Edu-Rig­ht­na­vor­sing­sen­ti­teit, het vroe­ër ge­sê so ’n ver­eis­te is “hart­seer, ver­al weens die hoë werk­loos­heid­sy­fer in ver­skeie ge­meen­skap­pe”.

De Waal sê sko­le mag glad nie so ’n dis­kri­mi­ne­ren­de ver­eis­te hê nie.

“Art. 5(1) van die S­ko­le­wet dui aan dat o­pen­ba­re sko­le leer­lin­ge se op­voed­kun­di­ge be­hoef­tes moet dien en hul­le vry van e­ni­ge vorm van on­reg­ver­di­ge dis­kri­mi­na­sie moet toe­laat tot die skool.

“Ver­der mag geen o­pen­ba­re skool of die be­heer­lig­gaam leer­lin­ge toe­la­ting wei­er om­dat hul ou­ers nie skool­geld kan be­taal of ag­ter­ge­raak het met die be­ta­ling daar­van nie,” sê sy.

Bo­di­be sê ’n skool mag slegs ’n be­wys van in­diens­ne­ming aan­vra as ’n ou­er sy of haar werk­a­dres ge­bruik om te kwa­li­fi­seer om op ’n wag­lys ge­plaas te word.

Selepe het die skool­hoof en be­amp­tes van die de­par­te­ment be­dank dat hul­le die saak vreed­saam op­ge­los het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.