S­pur se baas kap So­li­da­ri­teit

Vak­bond ont­ken ge­or­ga­ni­seer­de boi­kot

Beeld - - Nuus - Han­nes Kru­ger

Die vak­bond So­li­da­ri­teit sê hy dryf en steun geen S­pur-boi­kot nie, maar kan men­se ook nie aan­moe­dig om in ’n re­stau­rant te gaan eet waar hul­le on­wel­kom voel nie.

Dit is ge­doen na­dat Pier­re van Ton­der, uit­voe­ren­de hoof van S­pur, ge­skryf het hy “is ver­baas om te sien dat ’n vak­bond­lei­er im­pli­siet ’n be­roep doen” dat S­pur ge­boi­kot word, wat ’n uit­wer­king op werk­ge­leent­he­de sal hê.

“Ek was ver­baas om te sien dat ’n vak­bond­lei­er dan die moeds­wil­lig ver­draai­de weer­ga­we van ge­beu­re aan­vaar son­der om in ag te neem hoe so ’n boi- kot die werk­ge­leent­he­de sal raak van men­se van al­le ag­ter­gron­de wat op S­pur vir oor­le­wing staat­maak,” skryf Van Ton­der.

Dr. Dirk Her­mann, be­dryfs­hoof van So­li­da­ri­teit, voer aan die vak­bond steun geen boi­kot nie. “Dis die fout wat S­pur maak. Daar is geen ge­or­ga­ni­seer­de boi­kot nie. Men­se het net spon­taan be­sluit hul­le wil nie meer daar eet nie.”

Hy sê So­li­da­ri­teit help deur ’n “spie­ël te wees vir die men­se wat S­pur se han­te­ring van die saak aan­stoot­lik en on­smaak­lik vind”.

Van Ton­der skryf in die brief Her­mann is ge­nooi om na die vol­le­di­ge beeld­ma­te­ri­aal van die on­der­on­sie tus­sen ’n man en ’n vrou oor hul kin­ders in die Tex­a­mo S­pur in Al­ber­ton te kom kyk om ’n in­ge­lig­te me­ning te vorm, maar het dit nog nie ge­doen nie.

Die man wat in die rusie be­trok­ke was, is S­pur in­tus­sen be­let.

Her­mann meen die kwes­sie is gro­ter as net die voor­val tus­sen die man en die vrou. S­pur het vol­gens hom sy klan­te ver­vreem en ge­ë­ti­ket­teer deur sy op­tre­de na aan­lei­ding van die on­der­on­sie.

“Hul­le het geen em­pa­tie nie. S­pur is teen ons en be­veg ons.”

Her­mann sê So­li­da­ri­teit draai nie sy rug op die ge­paard­gaan­de ar­beids­kwes­sie nie.

“Ons help S­pur om te ver­staan hoe hul­le die saak kan op­los. Hul­le moet net jam­mer sê, dan sal men­se weer lus wees om daar te gaan eet.” Hul­le luis­ter nie, sê hy. “Pier­re staan net daar en hy druk sy vin­ger­tjies in sy ore en maak dit toe. Hy luis­ter nie.”

In­tus­sen het So­li­da­ri­teit be­sluit om nie ’n be­mar­kings­veld­tog saam met S­pur te voer nie.

S­pur het So­li­da­ri­teit ge­na­der om in die vak­bond se pu­bli­ka­sies te ad­ver­teer in die lig van “die kri­tiek die laas­te tyd” op die re­stau­rant­groep.

“Ons het be­sluit dit sal heel­te­mal on­van­pas wees om by ’n be­mar­kings­veld­tog be­trok­ke te raak.”

Fo­to: LISA HNATOWICZ

Dr. Dirk Her­mann

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.