Vak­bond PSA weer Fe­du­sa­lid

Beeld - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die staats­diens­vak­bond PSA, wat so­wat 230 000 staats­amp­te­na­re ver­teen­woor­dig, het hom gis­ter amp­te­lik by die vak­ver­bond Fe­du­sa her­aan­ge­sluit.

Ivan Fredericks, hoof van die PSA, sê af­fi­li­a­sie by Fe­du­sa sal die PSA se ver­moë ver­sterk om maat­skap­lik-e­ko­no­mie­se kwes­sies wat werk­ne­mers raak te ta­kel.

Die PSA sê sy be­sluit om po­li­ties on­ver­bon­de te bly en ge­af­fi­li­eer te word by ’n eens­ge­sin­de fe­de­ra­sie soos Fe­du­sa dien sy le­de se reg­te en be­lan­ge.

Die vak­bond is be­kom­merd oor ver­skeie fak­to­re wat ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op staats­amp­te­na­re se mo­reel kan hê.

“Staats­amp­te­na­re, ver­al dié wat in kern­ge­bie­de, soos ge­sond­heid­sorg, po­li­si­ë­ring en on­der­wys, werk, word af­ge­trek deur­dat hul­le nie ge­hal­te- diens­te ont­vang nie. Die ver­brok­ke­len­de ge­sond­heids- en on­der­wys­in­fra­struk­tuur dien as voor­beel­de,” sê Fredericks.

Hy sê die po­li­sie bied nie dui­de­li­ke lei­ding in tye wan­neer on­te­vre­den­heid in ge­meen­skap­pe in ge­weld ont­aard nie.

“Die PSA sal gro­ter druk op die re­ge­ring plaas om dié kri­tiek be­lang­ri­ke as­pek­te wat kom­mer wek te ta­kel.”

Hy sê nog ’n kwes­sie wat die staats­diens knou, is kor­rup­sie.

“Ge­wo­ne staats­amp­te­na­re kry al hoe meer die skuld vir wan­be­stuur en kor­rup­sie wan­neer hul­le eint­lik in op­drag van die be­stuur op­ge­tree het.”

Fredericks spreek hom ook uit oor ’n drei­gen­de staking by die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke oor werk­tye.

“Die de­par­te­ment se roe­ke­lo­se ver­ont­ag­sa­ming van sy werk­ne­mers se be­lan­ge ver­oor­saak toe­ne­men­de be­noud­heid.”

Fredericks sê die PSA het die kwes­sie pro­fes­si­o­neel pro­beer han­teer, maar om­dat die de­par­te­ment nie wou vol­doen aan sy ver­eis­tes nie, sal sy le­de moont­lik op straat be­toog.

Fo­to: LERATO MADUNA

Pier­re van Ton­der

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.