Oos­te van P­re­to­ria het wéér nie krag

Beeld - - Nuus - – And­rea K­ü­sel

In­wo­ners van die oos­te van P­re­to­ria is gis­ter wéér son­der krag ge­laat na­dat ka­bel­die­we Woens­dag in Gar­st­fon­tein­weg toe­ge­slaan het.

Lin­de­la Mashi­go, woord­voer­der van die Tshwa­ne-me­tro, sê die krag­ka­bels is ge­steel ter­wyl die mu­ni­si­pa­li­teit ka­bels aan die her­stel was wat Dins­dag in ’n brand by die Mooi­kloof-sub­sta­sie be­ska­dig is.

Die krag­toe­voer sou na ver­wag­ting teen gis­ter­aand her­stel wees.

Die stad sê op sy Fa­ce­book-blad die on­der­bre­king raak on­ge­veer 120 huis­hou­dings. Die P­re­to­ria-Oos-hos­pi­taal, die Park­view-win­kel­sen­trum en die NG kerk Mo­re­le­ta­park was on­der meer son­der krag. “Be­dry­wig­he­de by die hos­pi­taal word nie reg­tig deur die krag­on­der­bre­king ge­raak nie. Die hos­pi­taal het krag­op­wek­kers en al­les in die te­a­ters gaan voort soos nor­maal,” sê Lien­tjie Louw van die P­re­to­ria-Oos-hos­pi­taal.

Beeld ver­neem die ka­bel­die­we was moont­lik be­wus daar­van dat die mu­ni­si­pa­li­teit aan die krag­ka­bels ge­werk het, waar­na hul­le toe­ge­slaan en die ka­bels ge­steel het.

Die krag­on­der­bre­king ná die brand by Mooi­kloof is teen mid­der­nag Woens­dag her­stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.