Mi­nis­ter hof toe ge­sleep

Groep be­twis haar goed­keu­ring

Beeld - - Nuus - E­li­se Tem­pel­hoff

Die hoog­ge­regs­hof sal bin­ne­kort be­sluit of Ed­na Mo­le­wa, mi­nis­ter van om­ge­wing­sa­ke, haar grond­wet­li­ke plig na­kom om die om­ge­wing te be­skerm en dit vir Suid-A­fri­ka­ners te be­waar.

So het die Sen­trum vir Om­ge­wings­ge­reg­tig­heid (CER) gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê in re­ak­sie op Mo­le­wa se po­ging om haar be­sluit om om­ge­wings­goed­keu­ring te gee so­dat A­tha A­fri­ca in die be­waar­de Ma­bo­la-ge­bied na­by Wak­ker­stroom steen­kool kan myn, te reg­ver­dig.

Die CER gaan die be­sluit in die hof be­twis.

Mo­le­wa het vroe­ër van­dees­week ge­sê die be­sluit is ge­neem op grond van we­ten­skap­li­ke be­wy­se dat die om­ge­wing nie ska­de be­rok­ken sal word nie en dat dié wa­ter­ry­ke ge­bied “be­hoor- lik” ge­re­ha­bi­li­teer sal kan word.

Mo­le­wa sê le­de van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor om­ge­wing­sa­ke wat haar vroe­ër van­dees­maand daar­van be­skul­dig het dat sy ’n ge­vaar­li­ke pre­se­dent skep deur myn­bou in Ma­bo­la toe te laat, is on­lo­gies.

Die CER be­skul­dig Mo­le­wa daar­van dat sy on­eer­lik is deur voor te gee die goed­keu­ring sal nie ’n pre­se­dent skep nie.

“Die gras­lan­de van M­pu­ma­lan­ga, waar hier­die voor­ge­stel­de myn be­dry­wig gaan wees, is ryk aan steen­kool­neer­slae, maar is ook ui­ters be­lang­rik vir Suid-A­fri­ka se wa­ter­se­ker­heid.

“Dié feit word be­na­druk deur ver­skeie stu­dies waar­voor die re­ge­ring be­taal het. Die ge­bied word juis be­skerm van­weë hier­die feit.

“Wat gaan ge­beur as die vol- gen­de myn­maat­skap­py aan­soek doen om steen­kool hier te myn? Sal die mi­nis­ter dan so ’n aan­soek kan ver­werp?” wil die CER weet.

Vol­gens die or­ga­ni­sa­sie het hy en sy ko­a­li­sie­ven­no­te (wat tans in ’n regs­ge­ding met Mo­le­wa oor Ma­bo­la be­trok­ke is) haar en haar de­par­te­ment ver­skeie keer om ’n ver­ga­de­ring ge­vra, maar die ver­soe­ke is ge­ïg­no­reer. “Dit is te­leur­stel­lend.” Die CER meen dat Mo­le­wa se op­tre­de al­le ver­troue tus­sen haar, haar de­par­te­ment en die bur­ger­li­ke sa­me­le­wing ver­nie­tig.

Die or­ga­ni­sa­sie her­in­ner Mo­le­wa daar­aan dat die ko­a­li­sie tel­kens ge­ap­pel­leer het toe die staat ’n wa­ter­li­sen­sie en die myn­reg aan A­tha A­fri­ca toe­ge­staan het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.